Yzerfontein Akkommodasie by The White House Beach Villa | LekkeSlaap
+34

The White House Beach Villa

4 resensies
Selfsorg
Winteraanbod 30% af

Kry 30% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 1 Jun 2020 tot 31 Aug 2020.

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Dasseneilandrylaan 180 , Pearl Bay-landgoed, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R5 800 R4 060 per nag (vir 6 persone)

Beskrywing

The White House Beach Villa is in Yzerfontein, sowat 'n uur se ry vanaf Kaapstad geleë. Die tripelverdieping-villa bied 'n rustige omgewing met privaatheid en luukse verblyf, ideaal teen die strand op die Pearl Bay-landgoed, omring deur inheemse fynbos en met 'n uitsig oor Dasseneiland.

In die wintermaande (1 Junie tot 31 Augustus) is daar 2 slaapkamers beskikbaar en die huis het slaapplek vir 4 volwassenes en 2 kinders. Die hele boonste verdieping is 'n suite met 'n koninggrootte-bed en 'n losstaande bad, en die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n dubbel-stapelbed wat vir kinders tussen 5 en 12 jaar geskik is.

Deur die res van die jaar (1 September tot 31 Mei) is daar 3 slaapkamers beskikbaar en die huis het slaapplek vir 6 gaste. Die hele boonste verdieping is 'n suite met 'n koninggrootte-bed en 'n losstaande bad, en die ander 2 slaapkamers, waarvan een oopplan is, het onderskeidelik 'n koningingrootte-bed en 2 driekwartbeddens, met 'n aparte badkamer.

Die grondverdieping bied die ingang, 'n gastebadkamer, en kombuis wat volledig toegerus is met 'n gasstoof, koffiemasjien, mikrogolfoond, broodrooster, ketel, yskas-vrieskas en skottelgoedwasser. Gaste kan ook die kuier- en eetarea benut met 'n etenstafel vir 8 en stapeldeure wat lei na 'n groot houtdek met braaigeriewe en 'n houtstoof.

Tydens die wintermaande word verhitting op al die verdiepings verskaf met 'n Morso-kaggel op die onderste verdieping. Komplimentêre WiFi is beskikbaar. Daar is ook 'n losstaande dubbelmotorhuis.

Byna die hele huis bied lieflike see-uitsigte. Dit is slegs 2 minute se stap langs 'n sandpaadjie tot by 'n ongerepte wit strand waar jy heerlik in die son kan baljaar. Gaste kan swem, visvang en walvis- en dolfynkyk.

Slaapplek

’n Bespreking by The White House Beach Villa sluit in:

Koninggrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoninggrootte-bed
Koningingrootte-bed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Kinderbed vir 1
Area 1
Plek vir 2 persone
2 xKinderbed vir 1

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Wynkelder
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Tennis

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Internet

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Parkering Van Die Straat Af

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 4 resensies vir The White House Beach Villa
Netheid
5.0/5
Diens
4.5/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
4.3/5
Waarde vir geld
4.3/5

Ligging

  • Dasseneilandrylaan 180 , Pearl Bay-landgoed, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
  • Gaste dink The White House Beach Villa het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
was R5 800
Vanaf R4 060
per nag (vir 6 persone)
was R5 800
Vanaf R4 060
per nag (vir 6 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Dasseneilandrylaan 180 , Pearl Bay-landgoed, Yzerfontein, 7351, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGJlZWJjMTI5LTYzM2EtNDEyOS1hMWVlLWFiYTMyMWExOTVhOA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R5 800, nou Vanaf R4 060  per nag (vir 6 persone) 4 5 1 5 180 Dassen Island Drive Pearl Bay Estate 7351 Wes-Kaap 086 999 0018 15:00-19:00 10:00 -33.371104130467 18.172745177615
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za