Thesen Island Holiday House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Thesen Island Holiday House is 'n pragtige selfsorghuis in die Thesen Eilande, 'n veel bekroonde mariene-ontwikkeling, wat op die Tuinroete by die skilderagtige Knysna-monding geleë is. Knysna se ongerepte natuurskoon, welige woude, wit strande en interessante geskiedenis maak dié bekoorlike dorp een van die land se gewildste vakansiebestemmings.

Thesen Island Holiday Home is luuks afgerond en ten volle toegerus om jou verblyf so gemaklik moontlik te maak.

Die huis het lugversorging en bied verblyf vir tot 4 gaste. Dit beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis, -leef en -eetarea. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed, 'n en suite-badkamer met 'n stort en bad, 'n platskerm-TV en deure wat op 'n houtbalkon oopmaak. Die tweede slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-stort.

Die kombuis is ten volle toegerus vir selfsorg met 'n mikrogolf, konveksieoond en glasplaat, 'n yskas-vrieskas, eetgerei en breekware, potte en panne, 'n ketel, broodrooster, yster en strykplank. Daar is ook 'n waskamer met 'n dubbelwasbak, skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër. Die eetarea het 'n hout-etenstafel met 6 stoele. Glasdeure maak oop op 'n stoep met 'n ingeboude braai, waar etes in die buitelug genuttig kan word.

Die sofas en stoele in die leefarea bied gemaklike sitplek vir 4 tot 6 mense. Hier kan jy TV met DStv geniet. (Gaste kan ook hul eie DVD's saambring.) Jy kan ook die klankstelsel se volume opdraai en die fantastiese uitsigte oor die strandmeer vanaf die leefkamer of die aangrensende dek geniet. Die huis word gedurende die week daagliks skoongemaak. Onbeperkte WiFi is beskikbaar.

Die motorhuis het elektronies beheerde deure met plek vir 1 motor. Die huis het 'n privaat jetty waar motorbote van tot 7 m lank vasgemeer kan word.

Slaapplek

'n Bespreking by Thesen Island Holiday House sluit in:

2 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Koninggrootte-bed
1 x Kinderbedjie

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Eetkamer
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Thesen Island Holiday House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 500 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false