Thirsty Falls Guest Farm

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Thirsty Falls Guest Farm is 'n gasteplaas wat hoog teen die suidelike hange van die Magaliesberg, 25 km buite Magaliesburg en 35 km voor die dorp Rustenburg, geleë is.

Verblyf word gebied in 7 eenhede wat slaapplek aan altesaam 25 gaste bied. Elke privaat kothuis is tussen die flora en fauna van die natuurlike bos geleë met sy eie balkon en panoramiese uitsigte. Elke kothuis spog ook met 'n kaggel, braaigeriewe en 'n gasverwarmer.

Gaste het toegang tot 'n eko-swempoel met natuurlike water en moerasplante wat sorg dat die water skoon en helder bly. Daar is ook 'n lapa-area met uitstekende uitsigte vanwaar gaste kan voëlkyk of hulle kan lekker die plaas te voet gaan verken.

Doendinge in die omtrek sluit wildbewareas, boomtoptoere, warmlugballonritte, perdritte, forelhengel, kersmaak-werkswinkels, dagspa's, en winkels in. Magaliesburg het ook bekoorlike winkeltjies en restaurante, terwyl Rustenburg al die geriewe van 'n groot dorp bied, soos 'n winkelsentrum en verskeie besienswaardighede.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Wildritte
  •  Wildkyk

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Thirsty Falls Guest Farm gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R800 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false