This is It Apartment

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

This is It Apartment is 45 minute vanaf die OR Tambo Internasionale Lughawe en is op 'n kleinhoewe in Tierpoort geleë. Ons is ook na aan verskeie trou-venues in die omgewing.

This is It Apartment beskik oor 1 dubbelkamer met 2 enkelbeddens, 'n leefarea met 'n slaapbank wat in ’n gemaklike dubbelbedbed omskep kan word, kombuis en badkamer. Die kombuis is toegerus met basiese selfsorg-geriewe 'n ketel, mikrogolfoond, induksie plaat en 'n yskas. Gaste word versoek om hul eie kos en drankies saam te bring. Die badkamer spog met 'n hoekbad met stort.

Gaste kan die swembad op eie risiko gebruik. Braaigeriewe is beskikbaar. Veilige parkeerplek in die skadu is beskikbaar reg voor die eenheid. Die woonstel is in die besienswaardige bosveld-area geleë waar die Impalas en Blesbokke luilekker op die perseel rondloop en die ryk voëllewe aanskou kan word.

Die woonstel is gerieflik geleë vir gaste wat by die O.R. Tambo Lughawe land op pad na die Krugerwildtuin, Limpopo, Botswana, Zimbabwe of Mosambiek en 'n dag wil neem om inkopies te doen vir kruideniersware om op safari te neem. Die naaste winkelsentrum is net 20 minute weg en hier kan jy ook by een van die vele restaurante 'n maaltyd geniet.

Gaste wat langer as 1 nag bly moet asb. met aankoms laat weet of hulle ’n skoonmaakdiens soggens vereis vir die badkamers, kombuise en slaapkamers.

Slaapplek

'n Bespreking by This is It Apartment sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Area 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelslaapbank

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Forelhengel
  •  Wynproe
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Dienste

  •  Kamer daagliks skoongemaak

Ekstras

  •  Tee en Koffie Skinkbord

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Mikrogolfoond

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Verekombers
  •  Waaier
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na This Is It Apartment gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 000 per nag (vir 4 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za