Thokozani Beach House

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Thokozani Beach House is 'n pragtige vakansiehuis met 6 slaapkamers en 'n gedeeltelike see-uitsig in Blythedale. Die huis is naby die strand en is ideaal vir 'n familie of groep vriende op soek na 'n vakansie by die see.

Daar is 6 slaapkamers en slaapplek vir 14 gaste. Die eerste slaapkamer het 2 dubbelbeddens en die tweede kamer het 1 enkelbed en 1 dubbelbed. Die derde, vierde en vyfde kamer het elk 'n dubbelbed en die sesde kamer het 'n enkelbed. Die huis het 'n kombuis, leef- en eetarea, 'n swembad en braaiplek.

Gaste kan af stap na die Blouvlagstrand en dalk dolfyne gewaar, en daar is plek vir jou eie ski-boot. As jy lus is vir 'n bederfsessie, kan jy by die gelisensieerde masseerterapeut hier naby gaan aanklop, of jy kan 'n drankie by The Bush Beach pub geniet. Onthou om genoeg kos, water, drankies en braaibenodighede saam te bring aangesien die naaste winkel in Ballito sowat 30 km van hier af is. Die eienaar sal jou ontmoet en die huis vir jou oopsluit. 'n Ekstra en suite-kamer met 2 dubbelbeddens is teen 'n addisionele koste beskikbaar indien nodig.

Slaapplek

'n Bespreking by Thokozani Beach House sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 4 persone
2 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 3 persone
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 5 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 6 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Waaier

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Thokozani Beach House gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R4 400 per nag (plek vir 14)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za