Thornhill Safari Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Thornhill Safari Lodge is geleë binne die groter Krugerwildtuin se ekosisteem, slegs 40 km van wildtuin se Orpen-hek. Dié omgewing is een van die voorste bestemmings vir eko-toeriste en die uitsigte op die Drakensbergse platorand is uitsonderlik.

Ons het 13 oorspronklike grasdak-chalets met gerieflike kamers en puik geriewe wat gemáák is vir wegbreke. Die helder materiale en meubels van plaaslike hardehout skep 'n ongekunstelde, dog stylvolle, bosveld-atmosfeer. Elke kamer is toegerus met en suite-geriewe, plafonwaaiers, muskietnette, en 'n houtdek met uitsigte oor die lodge, die swembad-area en die omliggende bosveld.

Thornhill Safari Lodge bied begeleide staproetes in die natuur in die Guernsey Natuurreservaat en wildritte in die Krugerwildtuin en privaat wildreservate waarin die Groot 5 besigtig kan word. Toere na die volgende besienswaardighede is ook beskikbaar: die Panorama-roete, Blyderivier Canyon, Mariepskop (die Drakensberge se hoogste piek), Khamai Slang- en Reptielpark, die Moholoholo Rehabilitasiesentrum en die Sentrum vir Bedreigde Spesies in Hoedspruit. Dan is daar ook nog gholf-uitstappies na die bekende Hans Merenskey Gholfbaan waar jy in die wildernis kan gholf speel!

Verder maak ons voorsiening vir groepe, individuele gaste wat self wil ry, invlieg-safari's en wittebroodpaartjies. Vervoer kan gereël word vanaf Eastgate- en die Kruger Mpumalanga Lughawe.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Groot 5
  •  Wildkyk

Aktiwiteite op perseel

  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Forex
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Middagete
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Tee
  •  Alle Etes Ingesluit

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Thornhill Safari Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R3 190 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za