Die Rand Akkommodasie by Three Gables Guesthouse | LekkeSlaap
+39
+39

Three Gables Guesthouse

  • Vanaf R990 per nag (vir 2 persone)
  • Kapasiteit: 18 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 34 Bult Straat , Upington, 8801, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom

Beskrywing

Welkom by Three Gables Guesthouse in Upington. Three Gables bestaan uit 2 groot plotte wat saamgevoeg is. Ons bekoorlike, ou huis se balkon het 'n uitsig oor die reuse tuin, sprankelende, ronde swembad en 'n tuinkothuis.

Elke kamer is smaakvol versier en het 'n en suite-badkamer met 'n hoekbad en stort, en 'n privaat ingang. Ons enkelkamers het koningingrootte-beddens of dubbelbeddens en ons dubbelkamers het 2 enkelbeddens of koninggrootte-beddens. Ons is trots op die komplimente wat ons gereeld oor ons beddens kry.

Verder is elke kamer toegerus met lugversorging, verwarming, yskas, mikrogolf, koffie- en teemaakgeriewe, TV, haardroër, lessenaar en 'n hangkas. Geriewe beskikbaar by die gastehuis: faks, internet en e-pos, WiFi-toegang, aandete, kredietkaartfasiliteite, wasgoedgeriewe, peuselhappiekroeg, parkering van die straat af, pendeldiens na lughawe, braaiplek, groot tuin, swembad en funksiegeriewe vir tot 150 afgevaardigdes.

Die reuse populierbome in ons boomryke tuin gooi lieflike skadukolle en daar is 'n lang, soliede tafel met sitplek vir 32 persone. Three Gables Guesthouse het 'n rustige, huislike atmosfeer en besoekers ontwaak gewoonlik met die klank van die voëltjies wat tjilp in die bome. Die stil, vreedsame atmosfeer is een van die hoofredes hoekom ons gaste gewoonlik terugkeer.

Opsomming van Resensie

4.6 uit 5van 2 resensies vir Three Gables Guesthouse
Netheid
4.5/5
Diens
5.0/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
4.0/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • 34 Bult Straat , Upington, 8801, Noord-Kaap
  • Gaste dink Three Gables Guesthouse het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R990
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R990
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R990
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 18 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: 34 Bult Straat , Upington, 8801, Noord-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGZjNzc4NjAwLWU1N2UtNGE5ZS1iNWQyLTg5Yzk2YjAzNjNiMw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R990  per nag (vir 2 persone) 2 5 1 5 34 Bult Street Upington 8801 Noord-Kaap 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -28.451464832059 21.254321253967
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za