Three Rivers Lodge & Villa Anna Sophia

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Three Rivers Lodge and Villa Anna Sophia is 'n unieke, luukse blyplek vir die oordeelkundge reisiger, hetsy vir sake of plesier. Die lodge en die villa is slegs 45 minute vanaf OR Tambo Internasionale Lughawe en is geleë in die hartjie van Three Rivers, 'n luukse woonbuurt in Vereeniging.

Three Rivers Lodge spog met 20 goed toegeruste kamers en Villa Anna Sophia bied nog 22 addisionele kamers aan vir gaste. Elke kamer is volgens die hoogste standaarde individueel versier. Dit bied wêreldklas kookkuns en etes word deur ons bekroonde sjefs voorberei, en selfs die mees oordeelkundige palet sal bevredig wees.

Three Rivers Lodge en Villa Anna Sophia is albei goed geheim gehou en bied gaste die perfekte balans tussen rustigheid en afsondering en tog naby genoeg aan die florerende sakekern van Vereeniging. Ons professionele personeel verwelkom al die gaste persoonlik en met ope arms wat gaste dadelik welkom sal laat voel.

Ons bied talle dienste aan gaste en dit sluit vooraanstaande restaurante, 4 uitmuntende konferensiegeriewe wat tussen 10 en 200 insittendes kan akkommodeer, 'n gimnasium en gemaklike lê-stoele in. Daar is ook die Bethel Kapel wat 90 gaste kan akkommodeer.

Die eiendom is ook baie naby aan 3 gholfbane, die River Square Winkelsentrum, die Barnyard Teater en Emerald Casino.

Die lodge bied 2 Luukse kamers, 12 Super Luukse kamers, 3 Suites en 4 Uitvoerende Kamers. Al die kamers beskik oor groot vensters wat uitkyk oor die goed versorgde tuine. Elke kamer bied elegante badkamers, HD TV's, ekstra lengte beddens en koffiegeriewe. Villa Anna Sophia bied 15 privaat suites asook die Villa Uitvoerende suite, almal geleë in 'n privaat toeganklike binnehof. Die kamers spog met dekor items wat vanaf Italië en Frankryk ingevoer is om te verseker gaste ervaar 'n outentieke Toskaanse Villa gevoel, iets wat gaste se verwagtinge oortref! Elke kamer se temperatuur word individueel beheer, daar is ekstra lengte beddens en vars ingevoerde linne. Elke kamer bied 'n stort, en volgrootte-bad. Die kamers het HD TV's, koffiegeriewe en privaat toegang na die gimnasium en biblioteek. Beide die lodge en villa bied WiFi oral in die perseel.

Three Rivers Lodge en Villa Anna Sophia bied 'n groot verskeidenheid opsies aan gaste soos ontbyt-byeenkomste, halfdag-vergaderings en voldag-vergaderings.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Bergfietsroetes

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  24-uur Ontvangs
  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Portier
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Restaurant op Perseel
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  Konferensiegeriewe
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging
  •  Wegbreekkamers
  •  Dataprojektor
  •  DVD-speler
  •  Blaaibord
  •  Skootrekenaar-projektor
  •  Kantoorgeriewe
  •  Sekretariële Geriewe
  •  Rekenaar Netwerklewering
  •  Internet
  •  Televisie
  •  Plek vir tot 10 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 20 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 30 afgevaardigdes
  •  Plek vir tot 50 afgevaardigdes
  •  Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Aandete Op Versoek
  •  Middagete
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Piekniek-middagete
  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Three Rivers Lodge & Villa Anna Sophia gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 560 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za