Zastron Akkommodasie by Tienfontein B&B | LekkeSlaap
+14

Tienfontein B&B

5 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Tienfonteinplaas, R26, Zastron, 9950, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R3 800 per nag (vir 7 persone)

Beskrywing

Die Ou Huisie by Tienfontein.

Eugene en Alta Heyns voorsien ouwêreldse gasvryheid op die plaas Tienfontein. Tienfontein B&B is deur die AA gegradeer as "uitstaande". Die plaas is op die R26 halfpad tussen Zastron en Rouxville geleë: 12 km van Zastron en 18 km van Rouxville af. Die plaas is geleë in die skilderagtige Vrystaatvallei, uitgestrek en vreedsaam, met sandsteenheuwels in die verte. Agter die opstal is 'n koppie waar Khoisan lank gelede gebly het. Tekens van hul teenwoordigheid is hier vir jou om te ontdek. Die Ou Huisie is 'n sonderlinge sandsteenkothuis wat in 1880 gebou is. Hierdie huisie het verskillende beproewings gedurende die Anglo-Boereoorlog deurgemaak - selfs 'n poging om dit aan die brand te steek.

Die Ou Huisie by Tienfontein is 'n unieke ervaring. Eugene en Alta is reg om jou bekend te stel aan 'n geheel ander wêreld. Die outydse atmosfeer is die eerste ding wat jou sal tref wanneer jy die drumpel van die kothuis betree, daar is pragtige Afrika-meubels, 'n groot geelhouttafel, 'n geelhoutplafon en balke en gedenkwaardighede.

Ons bied 4 snoesige slaapkamers wat tot 7 gaste huisves. Die 2 aparte badkamers het warm water en daar is 'n toegeruste kombuis vir jou gerief. Die kothuis is volledig toegerus met beddegoed, eetgerei, breekware en handdoeke. B&B, selfsorg en aandete is beskikbaar op versoek. In die somer bied die swembad-area 'n kalm toevlugsoord en die luisterryke tuin is 'n tuiste vir baie voëls.

Klop by ons aan vir vars lug en 'n wonderskone naghemel. Of jy nou by ons aansluit vir 'n paar rustige dae, of net vir 'n vinnige blaaskans op pad na 'n ander bestemming, Tienfontein is hier om aan al jou behoeftes te voldoen.

Slaapplek

’n Bespreking by Tienfontein B&B sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Dubbelbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 4
Plek vir 1 persoon
1 xEnkelbed / Driekwartbed
Dubbelbed
Slaapkamer 5
Plek vir 2 persone
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 6
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Rolstoelvriendelik

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Frans

Maaltye Aangebied

  • Kamerbediening
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.3 uit 5van 5 resensies vir Tienfontein B&B
Netheid
4.2/5
Diens
4.4/5
Ligging
4.2/5
Veiligheid
4.6/5
Waarde vir geld
4.0/5

Ligging

  • Tienfonteinplaas, R26, Zastron, 9950, Vrystaat
  • Gaste dink Tienfontein B&B het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Zastron Vrystaat
Vanaf R3 800
per nag (vir 7 persone)
Vanaf R3 800
per nag (vir 7 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 7 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Tienfonteinplaas, R26, Zastron, 9950, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDQwY2MwZWM1LTE4ZGUtNDM1OC04ZjhjLTg2M2RhOTgyZTQzZA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R3 800  per nag (vir 7 persone) 5 5 1 5 Tienfontein Farm R26 9950 Vrystaat 086 999 0018 14:00-19:00 10:00 -30.329551520874 26.990200203705
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za