Tinyiko Game Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Tinyiko Game Lodge is ’n luukse Afrika-lodge in privaat besit wat gaste die geleentheid gee ongerepte, wildryke savanne-bosveld van etlike hektaar in afsondering te geniet.

Verblyf word in luukse privaat grasdak-chalets gebied wat oor die watergat uitkyk. Elke chalet het ’n unieke, elegante styl en dekor, en is ontwerp om jou ontspanne en bederf te laat voel. Elke chalet het ’n koninggrootte-bed, en suite-badkamer, sitarea en kaggel. Daar is groot hout-skuifdeure wat na ’n privaat dek met ’n uitsig lei waar jy lekker kan ontspan en die natuurskoon kan geniet.

Daar is heerlike fynproewersgeleenthede by Tinyiko. Etes word eksklusief voorberei deur hoogs gekwalifiseerde sjefs, en die verskeie disse wat bedien word verskaf groot plesier aan alle gaste.

Daar is niks so lekker om by ’n kroeg in die Savanne-bosveld te sit en na die rustige geluide van die natuur te luister terwyl jy jou gunstelingdrankie geniet nie. Bederf jouself met ’n Afrika-wynproegeleentheid en kies van Suid-Afrika se beste wyne. Tinyiko souvenirs is ook net langs die wynkelders.

By Tinyiko kan jy jou aan die omgewing oorgee. Die ruim hoof-sitarea en oop eetarea bied ’n ononderbroke uitsig oor die bos. Jy kan by die swembad ontspan of die voëls vanuit jou kamer dophou.

Ervare spoorsnyers en wildbewaarders sal jou op jou wildritte vergesel in oop land rovers, en hulle sal selfs skaam Afrika-wildsbokke en nagdiere opspoor en hul breë kennis oor hierdie diere met jou deel.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Wildritte
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Kroeg
  •  Spa-behandelinge
  •  Swembad
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Masseer- en Skoonheidsterapie
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Restaurant op Perseel
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Wynkelder
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensie geriewe

  •  Dataprojektor
  •  Blaaibord
  •  Witborde
  •  Skootrekenaar-projektor
  •  Kantoorgeriewe
  •  Skuifie-projektor
  •  Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Aandete Op Versoek
  •  Middagete
  •  Piekniek-middagete
  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Tinyiko Game Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R950 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za