Tom's Place Resort

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Tom's Place Resort is langs die Tierpoortdam, naby Bloemfontein in die Vrystaat geleë.

Verblyf is beskikbaar in kothuise en chalets. Elke chalet is volledig toegerus vir selfsorg met 'n yskas, stoof, eetgerei en braaigeriewe. Daar is 'n kampeerterrein vir diegene wat verkies om in 'n tent of 'n karavaan te slaap. Die kampeerterrein is toegerus met elektrisiteit, braaigeriewe en ablusieblokke met warm en koue water.

Die lapa het 'n ten volle gelisensieerde kroeg en is ideaal vir lekker kuiers om 'n braaivleisvuur. En die swembad is naby die speelplek, kampeerterrein, kothuise en lapa. Die à la carte-restaurant is elke dag oop, en dan is daar ook nog 'n dieretuin met mak perde, ganse, bokke, skape en beeste. Daar is 'n petrolpomp op die perseel, so jy kan jou motor, boot of jet-ski sommer hier volmaak.

Tom's Place Resort spog met oop ruimtes, visvang, voëlskyk en die betowerende sonsondergange in die Vrystaat.

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Tom's Place Resort gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R200 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false