Traditional Family Holiday Home 34667

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Traditional Family Holiday Home 34667 is in Tergniet en is stapafstand van die strand af.

Dié plaasstyl-huis het slaapplek vir tot 8 gaste en beskik oor 3 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n enkelbed, en die tweede slaapkamer het 'n enkelbed. Die derde slaapkamer het 'n dubbelbed en daar is 2 enkelbeddens op die stoep. Die stoep is ideaal vir kinders en het 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die 3 slaapkamers deel 'n badkamer met 'n bad en 'n wasmasjien. 'n Tuimeldroër is ook beskikbaar. Gaste moet asseblief hulle eie handdoeke en linne saambring.

Die kombuis is vir selfsorg toegerus met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, en tee- en koffiemaakgeriewe. Die kombuis lei ook na die agterplaas.

Die leefarea het 'n TV met 'n DStv-koppelpunt. Gaste kan hul eie dekodeerder en slimkaart saambring om DStv te kyk. Let asseblief dat PVR-dekodeerders nie werk nie.

Die eiendom is nie omhein nie en daar is nie parkeerplek in 'n motorhuis nie, maar daar is baie oop parkeerplekke.

Gaste kan langs Tergniet se strand stap, swem in die getypoel, Mosselbaai toe ry wat 25 km weg is of George besoek wat 30 km weg is.

Slaapplek

'n Bespreking by Traditional Family Holiday Home 34667 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 3 persone
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 1 persoon
1 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Area 1 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Fietsry
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Traditional Family Holiday Home 34667 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 200 per nag (plek vir 8)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false