Treat Me Nice

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Treat Me Nice is 'n selfsorgchalet op 'n plaas net buite Lydenburg in Mpumalanga. Die chalet is tussen berge geleë met 'n uitsig oor die rivier en die vallei, omring deur dennebome.

Die chalet beskik oor 2 slaapkamers en 1 badkamer. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die badkamer het 'n stort en 'n bad.

Die chalet maak gebruik van sonpanele en gas. Die kombuis het 'n yskas, tweeplaatgasstoof, eetgerei en breekware. Die sitarea het gemaklike banke en 'n gasvermwarmer.

Daar is verskeie doendinge op die perseel soos kunsvlieghengel, swem in die bergdamme, voëlkyk en piekniekbestemmings, 4x4-motorfietse en bergfietse is te huur en piekniekmandjies is op versoek beskikbaar.

Slaapplek

'n Bespreking by Treat Me Nice sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite op perseel

  •  Kunsvlieghengel
  •  Forelhengel
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Treat Me Nice gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 400 per nag (plek vir 4)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za