Treetops

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Treetops is ’n selfsorg-suite in die hartjie van Constantia, ’n luukse voorstad sowat 15 km van Kaapstad se middestad af. Dié area is bekend vir sy wynlandgoedere, restaurante en voetslaanpaaie. Dis die ideale wegbreek van die besige stadslewe.

Verblyf word in 2 eenhede genaamd die Treetops Suite en Hadeda Lodge gebied. Elke suite het slaapplek vir 4 gaste. Treetops Suite is op die boonste verdieping geleë en het ’n privaat ingang en lieflike dek wat ideaal is vir skemerkelkies. Die ateljee het 'n kombuis wat volledig toegerus is met ’n yskas, oond, stoof, mikrogolf, ketel en broodrooster. Daar is ’n en suite-badkamer met ’n stort, ’n ruim leefarea met lugversorging, ’n TV met sekere DStv-kanale en WiFi. Gaste kan kies tussen ’n koninggrootte-bed of 2 enkelbeddens.

Hadeda Lodge is ’n praat houthuis in die tuin met ’n klein dek wat ’n uitsig oor die koidam het. Die houthuis het slaapplek vir 2 gaste en het ’n koninggrootte-bed, en suite-badkamer en ’n oopplan-kombuis met ’n graniet-eetarea en WiFi.

Gaste het toegang tot ’n sonverhitte swembad in ’n tropiese tuin. Behalwe vir die privaat dek, het gaste ook toegang tot die groter sondek met sonstoele. Hadeda Lodge is heeltemal apart van die res van die perseel en daar is veilige parkeerplek op die perseel.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Italiaans

Maaltye Aangebied

  •  Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  24-Uur Sekuriteit
  •  Agter Elektriese Hek

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Treetops gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R525 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za