Trekpad Safaris

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Om deur Suid-Afrika te toer sonder om 'n draai te maak by Trekpas Safari's sal 'n baie groot jammerte wees. Reis soos die trekboere, daardie vroeë pioniers wat die pad noord gevat het van die suidelike puntjie van Afrika af tot in die groot binneland van hierdie reuse kontinent.

Trekpad Safari's is 'n 4-ster-wildlodge op die R511 Brits/Thabazimbi-pad in Limpopo. By ons wag 'n onverbeterlike Afrika-ervaring op jou. Ons beloof 'n onvergeetlike ervaring wat alles in insluit, van tradisionele Suid-Afrikaanse kookkuns, pionier-akkommodasie (met al die nodige moderne geriewe) tot wildritte. Ons het ook 'n lieflike swembad waarin jy kan afkoel na 'n opwindende wildrit of wandeling.

Trekpad bied akkommodasie vir 25 gaste in dubbelkamers: De Stallen, De Opstal, De Herberg en De Wittebrood. De Raadzaal is ons konferensiefasiliteit en De Wagenhuis is ons tradisionele eetkamer.

'n Kort kykie na ons trotse geskiedenis:

Thabazimbi is 'n grensgebied wat mak gemaak is deur heldhaftige mans en vroue gedurende die 19de en die vroeë 20ste eeu. Ons wy ons onderneming aan hierdie mans en vroue, hierdie pioniers vir wie die lewe om trek, en veral jag gegaan het.

Aan die begin van die 20ste eeue het hulle hul vrede in rus in hierdie wêreld van geleentheid gevind. Hul het eenvoudige grasdakhuisies (of 'hartbeeshuisies') al langs die oewer van die Krokodilrivier gebou en sodoende 'tuisgekom'. Die vriendskap tussen Paul Kruger, eertydse president van die Zuid-Afrikaansche Republiek, en die Tswana-hoofman genaamd "Ramokoka" is legendaries, en dit is maar net een van die kleurvolle stories wat ons graag met jou wil deel as jy ons by Trekpad besoek.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Konferensiegeriewe

Aktiwiteite Naby

  •  Groot 5
  •  Fietsry

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Wildkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kroeg
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Konferensiegeriewe

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Zoeloe

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging
  •  Wegbreekkamers
  •  DVD-speler
  •  Kantoorgeriewe
  •  Televisie
  •  Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Middagete
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Piekniek-middagete
  •  Tee

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Trekpad Safaris gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 568 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za