Tshukudu
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Soos Gesien op Instagram
- Kapasiteit: 20 mense
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 11:00 tot 13:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Pilanesberg Nasionale Park, Noordwes, 6000, Noordwes
- Vanaf R10 913 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Tshukudu, een van Pilanesberg se bekendste lodges, lê teen 'n heuwel en word deur die Pilanesberg Nasionale Park se pragtige berge omring. Dié lodge is baie romanties, dis in die oorblyfsels van 'n uitgedoofde vulkaan, en spog met 'n uitsig oor die grasveld en 'n watergat. Onder op die vlakte wei die wild en word die Groot 5 gereeld gewaar.
Die lodge het 4 Luukse Tshukudu-suites en 6 Luukse Chalets en is gemáák vir paartjies wat smag na 'n salige, romantiese wegbreek of diegene wat hulself net 'n bietjie wil bederf. Elke chalet is uniek ontwerp en beskik oor 'n oopplan-sitarea en slaapkamer, 'n kaggel en 'n privaat balkon met uitsigte oor die vlaktes.
Tshukudu is bekend vir sy puik diens, die bosveld-ervaring, die gehalte van die veldgidse en die unieke Afrika-kookkuns wat hier voorgesit word.
Gaste kan gerus aansluit by die wildritte wat twee maal per dag plaasvind en deur ons hoogs ervare en - opgeleide gidse gelei word. Tshukudu is uiters luuks en bied een van die beste bosveld-ervarings in Suid-Afrika. Gratis WiFi word voorsien. Daar is 132 trappe wat lei na die lodge, en 'n verfrissende rotspoeletjie.
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Spa-behandelinge
- Swembad
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Gastesitkamer
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Restaurant op Perseel
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wynproe
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
Hier praat ons
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete
- Middagete
- Tee
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- American Express
- Diners-kaart
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.7/5
Ina Geverifieer
Eiendomme 15
Resensies 52
Op LekkeSlaap 15 jaar
Ligging
- Pilanesberg Nasionale Park, Noordwes, 6000, Noordwes
Sien meer verblyf in Pilanesberg Nasionale Park Noordwes
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 20 mense
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 11:00 tot 13:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Pilanesberg Nasionale Park, Noordwes, 6000, Noordwes