Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Tweedal Country Cottage

Selfsorg
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas 42 Erfdeel 26, Ladismith, 6655, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R800 per nag, vir 6 mense

Beskrywing

Tweedal Country Cottage is 'n knus selfsorgeenheid op 'n werkende plaas in Voorbaatvallei naby Ladismith. Dit spog met asemrowende uitsigte op die majestueuse Klein Swartberge en bied 'n idilliese en gerieflike plattelandse toevlugsoord. Dit is perfek vir gesinne wat uit die stad wil wegbreek.

Dié eenheid bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede en derde slaapkamers het elk 2 enkelbeddens. Die eerste badkamer het 'n stort en die tweede badkamer het 'n bad. Linne en badhanddoeke word voorsien.

Die eenheid het 'n kombuis wat met 'n tweeplaatstoof met 'n oondjie, mikrogolfoond, ketel, yskas-vrieskas en 'n sentrale etenstafel met sitplek vir 6 toegerus is. Die sitkamer het gemaklike rusbanke en die eenheid spog ook met 'n houtstoof. Gratis WiFi is ook beskikbaar.

Gaste het toegang tot braaigeriewe en kan die rustigheid van die pragtige Voorbaatvallei geniet. Die stoep het uitsigte oor die welige wingerde en op die Klein Swartberge. Gaste kan ook in die wingerde stap en in die besproeiingsdam swem. Verder is 'n koel bergswembad slegs 'n entjie se stap vanaf die kothuis.

Slaapplek

’n Bespreking by Tweedal Country Cottage sluit in:

Dubbelbed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 mense
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Wynproe
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Ligging

  • Plaas 42 Erfdeel 26, Ladismith, 6655, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Kaapse Roete 62 Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R800
per nag, vir 6 mense
Vanaf
Vanaf R800
per nag, vir 6 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Plaas 42 Erfdeel 26, Ladismith, 6655, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb0a1576cf452afe948511602d17d4470496362d509b58945345ccb9dedb3ec7596ec45c3c52eafc701d74f878f23e9159b05?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R800 per nag, vir 6 mense Farm 42 Portion 26 Ladismith 6655 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.466150693357 21.098939687139
World Travel Awards
Stem vir ons in die World Travel Awards!
Stem vir ons in die World Travel Awards!
stem
stem