Uitsig

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Uitsig is 'n selfsorghuis op die strand met 'n pragtige uitsig oor Eersterivierstrand se kuslyn in Tsitsikamma. Dié uiters ruim en gerieflike tuiste is perfek vir 'n gesin of groep op soek na 'n vakansie by die see.

Die huis bied slaapplek aan 10 gaste en het 5 slaapkamers, 3 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die 2 hoofslaapkamers het elk 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die derde kamer het 'n dubbelbed en die vierde het 2 stapelbeddens wat ideaal is vir 4 kindertjies. Dié 2 kamers het toegang tot 2 aparte badkamers, een met 'n bad en die ander met 'n stort. Op die onderste verdieping is nog 'n dubbelbed en 4 enkelbeddens, ideaal vir kinders wat bietjie eenkant wil wees! Let daarop dat daar steeds slegs 'n maksimum van 10 gaste toegelaat word.

Die kombuis is toegerus met 'n stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, eetgerei en breekware. Daar is 'n ontbyttoonbank met stoele en 2 eetareas. Die een eetarea het sitplek vir 8 en die ander het sitplek vir 6, asook ingeboude braaigeriewe. Daar is ook 2 sitareas met oorgenoeg sitplek en 'n platskerm-TV. Die leefarea lei na 'n dek met 'n uitsig oor die strand.

Jy hoef slegs met die trappies van die onderste verdieping af te stap om die ongerepte strand te verken. Diegene wat net wil ontspan en die uitsig wil geniet, kan die kleinspan sommer van die dek af dophou!

Slaapplek

'n Bespreking by Uitsig sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 4 - Huisves 4 persone
2 x Stapelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek

Vermaak

  •  Eksklusiewe DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Uitsig gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R4 050 per nag (vir 10 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za