Uitspanoord

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Uitspanoord is aan die oewer van die Vaalrivier in Barkly Wes, 'n dorpie langs die N12 noordwes van Kimberley geleë. Verblyf is beskikbaar is verskeie eenhede in die tuin en daar is 'n swembad.

Gaste het die keuse tussen 'n tweeslaapkamer-eenheid, 2 karavane, 2 houthuisies of 3 eenhede wat apart van die hoofgebou is. Elk van hierdie 3 eenhede het 'n privaat badkamer.

Die tweeslaapkamer-eenheid het slaapplek vir 8 gaste en het 'n privaat badkamer en 'n oopplan-leefaarea en -kombuis. Daar is ook braaigeriewe en 'n lapa.

Die karavane het elk slaapplek vir 4 gaste en maak gebruik van gemeenskaplike ablusiegeriewe met storte. Die karavane is toegerus vir selfsorg en het sitareas buite.

Die houthuisies is op stelte gebou en het elk slaapplek vir 4 gaste. Dié eenhede is oopplan en het 'n elk 'n privaat badkamer met 'n stort en 'n kombuisie wat toegerus is vir selfsorg.

Al die eenhede, behalwe die karavane, het lugversorging en 'n TV met sekere DStv-kanale wat vanuit die huis beheer word.

Gaste kan aan die oewer van die rivier ontspan of die water met 'n kano of roei-ski aandurf.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging
  •  Wegbreekkamers
  •  DVD-speler
  •  Televisie
  •  Plek vir tot 30 afgevaardigdes

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Uitspanoord gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R500 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za