Ukuthula Cottages

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Ukuthula Cottages bied moderne selfsorgverblyf in 2 ruim, bekoorlike kothuise in Kampersrus aan die voet van Mariepskop. Die kothuise is sowat 12 minute vanaf Moholoholo Rehabilitasiesentrum vir Diere, en minder as 32 km van Hoedspruit af.

Elke kothuis is smaakvol gemeubileer en het 'n oopplan-kombuis, woonkamer en 'n sitkamer. Verder het elke kothuis 'n bad, instapstort, en 'n instap-pakplek. Die slaapkamers is ingerig vir paartjies wat smag na 'n rustige wegbreek, maar ons kan ook op versoek voorsiening maak vir kinders.

Die kothuise se slim ontwerp sluit klimaatbeheer en 'n koel leefruimte in wat genoeg ventilasie kry. Ons gaste is mal oor die uitsig van die slaapkamer af. Laasgenoemde het muskietnette vir die soel someraande. Elke kothuis het ook 'n toonbank met wiele, en olie, speserye, slaaisous, koffie, tee, beskuit, melk en suiker word voorsien.

'n Wagoeddiens is op versoek beskikbaar vir gaste wat 'n rukkie vertoef. Die buitebraaigeriewe is net 'n entjie van die kothuise af en daar is 'n heerlike stoep vir diegene wat na die bosveldgeluide wil luister - saans kan 'n mens hoor hoe die leeus brul en die hiënas skater. Moenie huiwer om ons uit te vra oor die omgewing nie. Wildritte na die Krugerwildtuin is op versoek beskikbaar en vervoer na die lughawe kan ook gereël word.

Doendinge en besienswaardighede in die omgewing sluit perdry in die Moholoholo Natuurreservaat, begeleide, staptogte in die berge, die Blyderivier-canyon (43 km ver), Blyderivierpoortdam (19 km ver), en die Hoedspruit Sentrum vir Bedreigde Spesies (23 km ver) in.

Kenmerke

  •  Braaiplek

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Groot 5
  •  Voëlkyk
  •  Wildritte
  •  Wildkyk

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Geriewe

  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Begeleide Wildritte as Ekstra
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Ukuthula Cottages gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 250 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]