- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Stationweg 194, Umzumbe, 4220, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R3 500 per nag, vir 8 mense
Beskrywing
Umzumbe White House is 'n bekoorlike dubbelverdiepinghuis in die dorpie Umzumbe wat op die Hibuskuskus in KwaZulu-Natal geleë is. Die lieflike kusoord het 'n Blouvlagstrand en 'n groot getypoel waarin kinders kan baljaar.
Die ruim huis is geskik vir 8 volwassenes en 4 kinders en beskik oor 4 en suite-slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die kamer lei na 'n balkon. Die tweede slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n volledige en suite-badkamer en die derde slaapkamer het ook 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n stort. Daar is 2 enkelbeddens in die vierde slaapkamer wat ook 'n en suite-badkamer met 'n stort het. Linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke saambring.
Die leefarea het 'n aparte kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware toegerus is. Daar is ook 'n skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër. Die oopplan-leefarea het 'n eetarea met 'n etenstafel wat sitplek vir 12 gaste het en 'n sitarea wat gemaklike sitplek en 'n TV met die volle DStv-pakket het. Gratis WiFi is beskikbaar. Ander geriewe sluit 'n kuierarea met 'n pool-tafel, veerpyltjiebord en 2 stapelbeddens vir kinders in. Daar is ook lyfplankborde en speletjies wat op die strand geniet kan word.
Die huis het 'n balkon met buitesitplek bo en daar is 'n stoep op die grondverdieping met 'n omheinde tuin. Gas- en houtskool-braaigeriewe is beskikbaar by die swembadarea waar dit teen die wind beskut is.
Slaapplek
’n Bespreking by Umzumbe White House sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Speletjieskamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Italiaans
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
Eenheidgeriewe
- Waaier
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Evelyn Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 1
Jare op LekkeSlaap 1
Ligging
- Stationweg 194, Umzumbe, 4220, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Umzumbe White House het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Umzumbe Port Shepstone Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 8 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Stationweg 194, Umzumbe, 4220, KwaZulu-Natal
- Alle ouderdomme is welkom