Under Elm Trees

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Kom geniet 'n wegbreek in 'n gesellige en luukse kamer wat deur pragtige iepehoutbome en tuine omring is. Die gastehuis is in Bethal in Mpumalanga geleë en is deel van 'n pragtige plaasgemeenskap. Bethal het sy naam by Elizabeth du Plooy en Alida Naude gekry. Dié susters was die eggenote van die eienaars van die plaas waarop die dorp geproklameer is.

Verblyf word in kamers met dubbelbeddens en 2 enkelbeddens aangebied. Elke kamer bring hulde aan 'n bekende persoon, en beskik oor moderne geriewe. Alle kamers het haardroërs, 'n TV met DStv, 'n yskassie, koffie- en teemaakgeriewe en onbeperkte WiFi.

Die kamers word daagliks skoongemaak, en 'n Kontinentale ontbyt en tuisgekookte aandete is op versoek beskikbaar. Veilige parkeerplek en privaat braaigeriewe word voorsien, en 'n wasgoeddiens en faks- en drukkergeriewe is op versoek beskikbaar. Under Elm Trees sal hulle bes doen om gaste se verblyf so gerieflik moontlik te maak.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Under Elm Trees gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R850 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za