Underhill Farm
- Kapasiteit: 10 persone
-
Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Plaas E34 Van der Stelpas, Villiersdorp, Vyeboom, 7171, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R980 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Underhill Farm is 'n eko-vriendelike gasteplaas in die Overberge op die oewer van die Botrivier. Dit is minder as 100 km vanaf Kaapstad en is dus perfek vir 'n naweekwegbreek. Die plaas maak gebruik van sonkrag gebruik en die kothuise is van herwinde en hernubare materiaal gebou. Die kothuise is so geleë dat elkeen ’n unieke uitsig, geriewe, landskap en privaatheid het.
Verblyf word in 4 kothuise op die plaas aangebied: Rivendell Kothuis, Hobbit Hollow, Oak Kothuis en Willow Kothuis.
Rivendell Kothuis is op die rand van die Twaalffonteinstroom en beskik oor 2 slaapkamers en 1 badkamer. Die stoep het 'n beskutte braai met heelwat sitplek. Daar is ook 'n swembadjie en trappies af na 'n privaat vuurput tussen poplierbome langs 'n stroompie.
Hobbit Hollow is aan die anderkant van die plaas op die oewer van die rivier. Die eenheid beskik oor 2 slaapkamers, 1 badkamer en 'n volledig toegeruste kombuis. Die buitestoep lei via trappies tot by die rivier en daar is 'n oop braai-area. Dit is stil, afgeleë en daar is 'n lae dammetjie wat 'n natuurlike rotspoel skep waar gaste kan swem.
Oak Kothuis het slaapplek vir 2 gaste op 'n koningingrootte-bed, 'n badkamer met 'n stort, 'n sitarea en 'n kombuisie met 'n yskas, mikrogolf en 'n stoof.
Willow Kothuis is die mees afgeleë kothuis en is aan die onderkant van die plaas naby die Botrivier- en Twaalfonteinstrome geleë. Dit is onder 'n heuwel gebou, met 'n gesellige stoep, braaiput en 'n hangmat tussen die wilgerbome. Die kothuis het 'n koninggrootte-bed en 'n badkamer met 'n stort. Ander geriewe sluit 'n kombuisie met 'n yskas, skottelgoedwasser en stoof in, sowel as WiFi en 'n kaggel.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Troeteldiere indien gereël
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Wynproe
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.6/5
Julian Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 41
Jaar gelys 7
Ligging
- Plaas E34 Van der Stelpas, Villiersdorp, Vyeboom, 7171, Wes-Kaap
- Gaste dink Underhill Farm het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Villiersdorp Overberg Wes-Kaap
- Kapasiteit: 10 persone
-
Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Plaas E34 Van der Stelpas, Villiersdorp, Vyeboom, 7171, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom