Ferreira Town Akkommodasie by Unit B5 Villa Delphini | LekkeSlaap
+11

Unit B5 Villa Delphini

4 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Da Gama Pad, , Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 800 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Unit B5 Villa Delphini is 'n selfsorgwoonstel wat in die sekuriteitskompleks, Villa Delphini, in Jeffreysbaai geleë is. Hierdie kompleks bied direkte toegang tot die swemstrand en is stapafstand van verskeie winkels en restaurante af.

Die woonstel bied slaapplek vir tot 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 2 badkamers en 'n ruim oopplan-kombuis, -leefarea en -eetkamer. Die eerste slaapkamer het 'n dubbelbed en skuifdeure wat na die patio lei. Die tweede en derde slaapkamers beskik elk oor 2 enkelbeddens.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg met 'n wasmasjien, tuimeldroër, gasstoof, mikrogolfoond en skottelgoedwasser. Die leefarea het 'n TV met DStv (reël asseblief met die eienaar om dit te laat aanskakel) en 'n DVD-speler, en skuifdeure wat na die patio lei. Die groot patio het patio-meubels en braaigeriewe met 'n uitsig oor die strand. Bring asseblief jou eie handdoeke en toiletware saam.

Veilige parkeerplek vir 1 voertuig is op die perseel beskikbaar. Die kompleks spog ook met 'n gemeenskaplike swembad.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.4 uit 5van 4 resensies vir Unit B5 Villa Delphini
Netheid
4.0/5
Diens
4.5/5
Ligging
4.8/5
Veiligheid
4.0/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ligging

  • Da Gama Pad, , Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
  • Gaste dink Unit B5 Villa Delphini het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 800
per nag (plek vir 6)
Vanaf R1 800
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Da Gama Pad, , Jeffreysbaai, 6330, Oos-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDVlYmZlYzI1LTVhNWYtNDZjMy04ZmU4LTIzZjRjZDhmOTAwYg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 800  per nag (plek vir 6) 4 5 1 5 Da Gama Road Unit B5 Villa Delphini 6330 Oos-Kaap 086 999 0018 14:00-17:00 10:00 -34.034792 24.931075
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za