Wes-Rand Akkommodasie by Urban Safaris | LekkeSlaap
+26

Urban Safaris

Tentekamp
  • Kapasiteit: 3 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Danielrust Privaat-weg, Rant-En-Dal, Krugersdorp, 1751, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 900 per nag (plek vir 3)

Beskrywing

Urban Safaris is in 'n privaat reservaat 21,1 km vanaf Krugersdorp en 9,4 km vanaf die Wieg van die Mensdom. Gaste kan 'n ware boskampervaring in tente geniet. Dit is ideaal vir gaste wat uit die stad wil ontsnap en in die natuur wil wees. Die naaste dorp is Beckeda, sowat 13,9 km weg.

Die tentekamp het geen elektrisiteit, maar het warmwaterstorte, spoeltoilette, 'n privaat braai buite elke tent en 'n boma wat gedeel word. Daar is 4 tente wat elkeen 2 kampbeddens met matrasse, bedkassies, 4 kampstoele, 'n tafel en sonkragligte het. Elke tent het toegang tot 'n privaat badkamer met 'n warmwaterstort en 'n spoeltoilet. Let asseblief dat gaste wat van die tente gebruik maak nie toegang tot die swembad of WiFi het nie. Alhoewel daar geen elektrisiteit vir die tente is nie, word 'n gasbottel, lanterns en steenkool voorsien.

Gaste sal met aankoms 'n koelerboks met ys, asook basiese kookgeriewe, soos eetgerei, breekware, glasware, potte en panne ontvang. Gaste word versoek om hul eie beddegoed en handdoeke saam te bring. Gaste word aanbeveel om gemaklike klere en skoene met veters saam te bring, veral vir die doendinge wat beskikbaar is.

Besienswaardighede in die area sluit die Sterkfonteingrotte, Nirox-beeldhoupark, Krugersdorp-wildreservaat, Tarlton-resiesbaan en die Krugerdorp-gholfbaan in.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard

Ligging

  • Danielrust Privaat-weg, Rant-En-Dal, Krugersdorp, 1751, Gauteng
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Wes-Rand Gauteng
Vanaf R1 900
per nag (plek vir 3)
Vanaf R1 900
per nag (plek vir 3)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 3 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Danielrust Privaat-weg, Rant-En-Dal, Krugersdorp, 1751, Gauteng
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAacfUEvdXTF5XvcQZWiBYA92SyRY0GDkqlJqCyWWPPWkryN3980?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 900  per nag (plek vir 3) Danielsrust private Road Rant-En-Dal 1751 Gauteng 086 999 0018 14:00-17:00 10:00 -25.97738 27.74129
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za