Uvongo 2

Voeg by Gunstelinge

 

Langtermynverblyf-aanbod 15 % af

Kry 15% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Geldig vanaf 2 Okt 2019 tot 3 Des 2019.

Beskrywing

Uvongo 2 is 'n ruim eenheid op die eerste verdieping in 'n goed versorgde sekuriteitskompleks, reg teenaan die see en strandmeer in Uvongo. Dit is net 300 m se stap oor die grasperke na Uvongo se windbeskutte strand met 'n haainet en bekoorlike strandmeer, asook 'n pragtige waterval. Dit is sonder twyfel een van die mooiste plekke aan KwaZulu-Natal se kus.

Die eenheid het 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, toilet en wasbak. Die tweede kamer het ook 'n dubbelbed, en die derde kamer beskik oor 2 enkelbeddens. Die tweede badkamer word gedeel deur laasgenoemde twee kamers, en is ingerig met 'n bad, stort, toilet en wasbak.

Die kombuis is volledig toegerus met 'n oond, stoof, yskas, mikrogolfoond, koffie- en teemaakgeriewe, eetgerei en breekware. Die leefarea het gemaklike sitplek en 'n TV met DStv-toegang. Gaste moet asseblief hul eie DStv-dekodeerder, slimkaart en afstandbeheer saambring indien hulle wil DStv kyk.

Die dubbelvolume-balkon bied uitstekende gasbraaigeriewe.

Onderdakparkeerplek, swembaddens, tennisbane, en buitebraai-areas is beskikbaar vir gaste se gebruik.

Uvongo is die perfekte plek vir 'n luilekker vakansie, en dit bied geleenthede regdeur die jaar vir sonbaai, swem, branderplankry, lyfplankry, visvang, voetslaan, draf, berg- en padfietsry, kanovaarte, en bootvaarte. Dan is die Blouvlagstrande van Margate, Ramsgate en Marinastrand ook net 'n paar minute se ry van Uvongo af. Margate bied baie doendinge vir die jongspan binne en buite seisoen, en die nabygeleë St Michaels-strand is 'n uitstekende plek vir branderplankry.

Slaapplek

'n Bespreking by Uvongo 2 sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Dubbelbed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Uvongo 2 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R850 R723 per nag (plek vir 6)

Kry 15% af vir verblyf wat 7 nagte of langer is. Geldig vanaf 2 Okt 2019 tot 3 Des 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za