Beacon Rocks Akkommodasie by Uvongo 38 | LekkeSlaap
+11

Uvongo 38

4 resensies
Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Selvy-laan 2, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R650 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Uvongo 38 is 'n ruim eenheid op 'n netjiese sekuriteitskompleks se eerste verdieping reg teen Uvongo se hoofstrand en strandmeer. Jy hoef slegs sowat 300 m oor die grasperk te wandel om by Uvongo se windbeskutte strand met haainette, die strandmeer en waterval uit te kom. Dit is heel moontlik een van die mooiste plekkies aan KwaZulu-Natal se Suidkus.

Dié eenheid beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, toilet en 'n wasbak. Die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Hierdie kamers deel die tweede badkamer met 'n bad, stort, toilet en 'n wasbak.

Die kombuis is volledig toegerus met 'n oond, stoof, yskas, mikrogolf, koffie- en teemaakgeriewe, eetgerei en breekware. Die sitarea het gemaklike sitplek en 'n TV maar u eie DSTV dekoder word benodig.

Die ruim, onderdak-balkon is die ideale plek om veilig in die buitelug te ontspan. Die eenheid het pragtige uitsigte oor die see, branders, hoofstrand en die strandmeer van die hoofslaapkamer, sitarea, kombuis en balkon af, en gaste kan die dag reg begin deur die skouspelagtige sonsopkoms vanaf die balkon te geniet.

Uvongo is die perfekte plek vir vakansiegangers en, weens die matige klimaat, bied dit dwarsdeur die jaar geleentheid vir sonbaai, swem, branderplankry, lyfplankry, hengel, voetslaan, draf, berg- en padfietsry, en kano- en bootvaart. Boonop is Margate, Ramsgate en Marina Beach se Blouvlagstrande net 'n paar minute se ry van Uvongo af. Margate bied oorgenoeg aksie vir jongmense, binne en buite seisoentyd. As jy die ideale surf-plek soek, is St Michaelsstrand die plek vir jou!

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 4 resensies vir Uvongo 38
Netheid
4.8/5
Diens
4.8/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.8/5

Ligging

  • Selvy-laan 2, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
  • Gaste dink Uvongo 38 het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R650
per nag (plek vir 6)
Vanaf R650
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Selvy-laan 2, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGNiMDY2MWEzLTJhNjEtNDZhYi1hY2QxLTE3YzY1ZTczZGQwMA?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R650  per nag (plek vir 6) 4 5 1 5 2 Selvy Avenue Uvongo 4270 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-23:00 09:00 -30.837453 30.394527
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za