LEKKE
PLEKKE
LEKKE
PRYSE
LEKKE
VEILIG
 by Uvongo Cabanas 16B | LekkeSlaap
+22

Uvongo Cabanas 16B

Selfsorg
Winteraanbod 25% af

Kry 25% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 3 Mei 2021 tot 31 Aug 2021.

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Colin-straat 71, Uvongo, Margate, 4276, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R850 R638 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Uvongo Cabanas 16B is 'n selfsorgwoonstel in 'n veilige kompleks in Uvongo. Die kompleks is naby Uvongo se swemstrand en ander besienswaardighede in die omgewing.

Die woonstel op die eerste verdieping bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers en 2 badkamers. Die hoofslaapkamer is bo in die solderarea en dit het 'n plafonwaaier, 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, wasbak en 'n toilet. Die tweede en derde slaapkamer is onder en het elkeen 2 enkelbeddens. Dié 2 kamers deel die tweede badkamer met 'n stort.

Die oopplan-kombuis is met 'n yskas, oond, stoof, mikrogolfoond en ander basiese toebehore toegerus. Die sitarea langsaan het 'n TV met 'n DStv-koppeling, so gaste kan hul eie DStv-dekodeerder, -kabels en -slimkaart saambring. Die leefarea lei na 'n balkon met trappe wat na die braai-area onder lei.

Die kompleks het veilige parkeerplek vir voertuie. Dis 6 km vanaf die Hibiscus Mall, restaurante en 'n entjie se ry vanaf ander geriewe in die Margate- en Shelly Beach-omgewing.

Slaapplek

’n Bespreking by Uvongo Cabanas 16B sluit in:

Koningingrootte-bed
Slaapkamer 1
Plek vir 2 persone
1 xKoningingrootte-bed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed
Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer 3
Plek vir 2 persone
2 xEnkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Swem

Hier praat ons

  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Ligging

  • Colin-straat 71, Uvongo, Margate, 4276, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
was R850
Vanaf R638
per nag (plek vir 6)
was R850
Vanaf R638
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Colin-straat 71, Uvongo, Margate, 4276, KwaZulu-Natal
  • Alle ouderdomme is welkom
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA69ebe07ac3d099f51fc0b933d9c7ee8b327d26e03aa3daf096c403e138dd7cc80f2a6a87c21e7af181942e68463daecded0a?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R850, nou Vanaf R638  per nag (plek vir 6) 71 Colin Street Uvongo 4276 KwaZulu-Natal 086 999 0018 14:00-16:00 09:00 -30.832585923107 30.397490244122
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!
KRY FANTASTIESE SPESIALE AANBIEDINGS!