Valley Lakes
- Kapasiteit: 16 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R617, Underberg, 3257, KwaZulu-Natal
- Vanaf R1 600 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Valley Lakes is 'n skilderagtige en rustige wegbreek in die suidelike Drakensberge en bied 'n toevlugsoord van rivier- en stilwatervlieghengel, voëlkyk en drafroetes. Die eenhede is op die oewer van die Ndawana-rivier geleë, net soos dit die ongerepte water van die pragtige Curragh-meer binnegaan.
Die akkommodasie beskik oor 3 selfsorgkothuise met 2 dubbelslaapkamers onder. Daar is 2 enkelbeddens of dubbelbeddens in elke kamer en 4 ekstra enkelbeddens op die tussenvlak. Daar is 'n ten volle toegeruste kombuis met eetgerei en breekware en 2 toilette, 'n bad en 'n stort.
Binne die eenhede is daar 'n kaggel om te verseker gaste sal al te lekker en gesellig in die koue winters binne kan kuier. Daar is ook 'n braaiplek buite sodat jy die pragtige natuurskoon kan waardeer en inneem wanneer jy saans 'n lekker vleisie braai.
Valley Lakes is 'n kunsvlieghengel-bestemming van formaat en gaste kan reg voor die kothuise of op die Curragh-meer hengel. Daar is oorgenoeg spasie vir wandelings en voëlkyk. Daar is ook 'n klimraam en natuurwandelings vir die kinders. Roeibote is vir kinders onder 12 met toesig beskikbaar.
Kenmerke
Geriewe
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Selfsorg
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Aktiwiteite op perseel
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Forelhengel
- Voëlkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Kunsvlieghengel
- Visvang
- Forelhengel
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Tennis
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies.
4.5/5
Samantha Geverifieer
Eiendomme 3
Resensies 31
Op LekkeSlaap 9 jaar
Ligging
- R617, Underberg, 3257, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Valley Lakes het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Underberg Drakensberge KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 16 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R617, Underberg, 3257, KwaZulu-Natal