- Kapasiteit: 24 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Olivierstraat, Van Zylsrus, 8467, Noord-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R1 500 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Vanzylsrus Hotel is 'n boetiekhotel, sentraal geleë vir reisigers wat na Johannesburg, die Kgalagadi Natuurreservaat en Botswana wil toer. Vanzylsrus is in op die wal van die droë Kurumanrivier in die Kalahari geleë.
Die hotel het 'n ruim en suite-kamers en 1 luukse wittebrood-suite. Elke kamer is uniek versier volgens 'n Kalahari-tema. Die kamers beskik elk oor 'n TV, lugversorging, 'n haardroër en tee- en koffiemaakgeriewe. Die wittebrood-suite het 'n buitestort in 'n afgesonderde tuintjie.
Die opgeleide kombuispersoneel sorg vir watertandlekker geregte, van Kalahari-steak tot ander bekende Kalahari-geregte. Etes word in die beeldskone eetkamer of die ruim stoep bedien, waar luukse verkoelers die hitte op warm dae tem.
Die kroeg is 'n ideale watergat waar gaste hulle dors kan les en hulle kan verdiep in die verhale van die woestyndorpie wat deur plaaslike boere vertel word. Vir die boekwurms is daar 'n gerieflik sitkamer waar hulle met hul neus in 'n boek kan verdwyn.
By die glashelder swembad kan gaste aan 'n skemerkelkie in die vlakwater teug of net in die son bak. In die privaat boma kan gaste goeie wyn en 'n gesellige vleisie op die kole geniet. Daar is ook 'n "curio"-winkel met Kalahari-aandenkings. Die konferensiesaal kan 'n minimum van 10 mense akkommodeer. Dit kan ook gebruik word vir spanbou-doeleindes.
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Skoonheidskliniek
- Swembad
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Malaria-vrye streek
- Masseer- en Skoonheidsterapie
- Troeteldiere indien gereël
- Restaurant op Perseel
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete
- Middagete
- Piekniekmandjies Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
- DVD-speler
- Blaaibord
- Witborde
- Kantoorgeriewe
- Internet
- Televisie
- Plek vir tot 20 afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Petro Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 104
Jaar gelys 10
Ligging
- Olivierstraat, Van Zylsrus, 8467, Noord-Kaap
- Gaste dink Vanzylsrus Hotel het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Van Zylsrus Kalahari Noord-Kaap
- Kapasiteit: 24 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Olivierstraat, Van Zylsrus, 8467, Noord-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom