Varkenskraal Farm

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Varkenskraal Farm bied bekoorlike selfsorgverblyf op 'n plaas in die prentjiemooi berge van Meiringspoort in die Karoo, sowat 4 km vanaf die dorpie De Rust.

Verblyf by Varkenskraal Farm word in 2 huise gebied, naamlik Die Werkershuisie en Die Voerstal. Elke eenheid het slaapplek vir 4 gaste en het óf 'n dakkamer óf 2 aparte slaapkamers en 'n privaat badkamer. Elke eenheid het 'n kombuis wat met 'n yskas, oond, stoof, watermasjien en ander basiese toebehore toegerus is.

Elke huis het 'n oopplan-sitkamer wat na 'n privaat stoep lei. Hiér is 'n braai-area of vuurput met asemrowende uitsigte op die berge en oor die plaas se vrugteboorde en groenteplantasies.

Varkenskraal Farm is die ideale plek om uit die stad se gewoel te ontsnap. Die plaas is ook sowat 40 km vanaf Oudtshoorn en 102 km vanaf George Lughawe.

Kenmerke

  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Engels

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Varkenskraal Farm gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R770 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za