Verdun Country House
- Kapasiteit: 10 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Verdunweg, Franschhoek, 7680, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R21 000 per nag (plek vir 10)
Beskrywing
Verdun Country House is 'n lieflike villa wat op 'n werkende perde-landgoed in Franschhoek geleë is, 'n ouwêreldse dorpie in die Kaapse Wynlande en bekend vir pers berge en eindelose wingerde. Dié dorpie word gereeld na verwys as die land se hoofstad van kos en wyn.
Die villa het slaapplek vir 10 gaste en het 5 slaapkamers en 3 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort en 'n dubbelwasbak. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en maak gebruik van die hoofslaapkamer se badkamer. Die derde slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-stort wat met die vierde slaapkamer gedeel word. Die vierde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die vyfde slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort.
Die kombuis is volledig vir selfsorg toegerus. Die villa bied 2 leefareas en daar is 'n TV met DStv in elkeen. Die stoepie het braaigeriewe, 'n eettafel en sit-area. Daar is ook 'n swembad, sonstoele, speelplek vir die kinders en WiFi.
Doendinge in die area sluit perdry, bergfietsry, wynproe, fietsry, visvang en fynproewerskos in.
Slaapplek
’n Bespreking by Verdun Country House sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Ligging
- Verdunweg, Franschhoek, 7680, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Franschhoek Boland Wes-Kaap
- Kapasiteit: 10 mense
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Verdunweg, Franschhoek, 7680, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom