Beaufort-Wes Akkommodasie by Vetkuil Hunting & Accommodation | LekkeSlaap
+53

Vetkuil Hunting & Accommodation

  • Kapasiteit: 15 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Vetkuil Plaas, Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R998 per nag (plek vir 5)

Beskrywing

In die hartjie van die Karoo, net 23 km buite Beaufort-Wes op pad na Aberdeen, sal jy Vetkuil vind. Draai links by die Vetkuil-hek en volg die 2,5 km-lange grondpad na jou bestemming. Volg die aanwysings na Hunters Cabins. Ons bied 'n opregte en rustige plaaservaring in 'n veilige omgewing in die Karoo

Elke chalet maak van sonkrag gebruik. Elke kombuisie het 'n gasstoof en -yskas en tee- en koffiemaakgeriewe. Beddegoed en handdoeke word voorsien. Die chalets het en suite-badkamers met storte. Daar is 'n klein winkeltjie met plaasprodukte in ons klubhuis/leefarea.

Ons klubhuis en lapa het 'n gasstoof met 'n oond, 'n eetarea, kroeg en sitarea waar jy kan ontspan na 'n lang dag op die pad. Ons bied 'n ware plaaservaring sonder elektrisiteit, ver van die stadslewe. Ons het slegs "groen energie" - sonkrag en gas vir kookdoeleindes. Ons is in 'n veilige omgewing met vars Karoo-lug en springbokke wat in die agtergrond wei.

Ons maak ook voorsiening vir klein konferensies, spesiale geleenthede en verjaarsdagpartytjies en kan spyseniering reël. Kom geniet pragtige staproetes op ons Karoo-vlaktes, voëlkyk en springbokjag.

Ons bied die ideale plaaservaring vir almal.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Troeteldiere indien gereël
Veilige Parkering
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Malaria-vrye streek
  • Troeteldiere indien gereël
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Konferensiegeriewe

Aktiwiteite op perseel

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete
  • Aandete Op Versoek
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Piekniek-middagete
  • Tee
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant

Opsomming van Resensie

3.9 uit 5van 23 resensies vir Vetkuil Hunting & Accommodation
Netheid
3.7/5
Diens
3.9/5
Ligging
3.7/5
Veiligheid
4.3/5
Waarde vir geld
3.8/5

Ligging

  • Vetkuil Plaas, Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap
  • Gaste dink Vetkuil Hunting & Accommodation het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R998
per nag (plek vir 5)
Vanaf R998
per nag (plek vir 5)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 15 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Vetkuil Plaas, Beaufort-Wes, 6970, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDA1OTc1OGEwLWMzYzMtNDAzNC05YTI5LTM3MzY0YTVkNzQ2Yw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R998  per nag (plek vir 5) 23 5 1 4 Vetkuil Farm Beaufort West 6970 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-21:00 10:00 -32.462228784918 22.805189788342
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za