Victoria Bay Holiday Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 25 % af

Bly 4 nagte en betaal slegs vir 3 vir verblyf wat 4 nagte of langer is. Geldig vanaf 1 Mei 2019 tot 31 Jul 2019.

Beskrywing

Victoria Bay Holiday Cottage is op 'n privaat eiendom naby die einde van die gesogte Victoria Bay Heights se pad geleë en net 5 minute se ry van die strand af. Hierdie eiendom bied ongeëwenaarde see-uitsigte in 'n rustige omgewing, ideaal vir 'n heerlike vakansie in die hartjie van die Tuinroete.

Die eenheid het slaapplek vir 4 gaste in 2 slaapkamers met 'n gedeelde badkamer tussenin. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n groot venster met see-uitsigte. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens wat teen mekaar geskuif is. Hierdie kamer is geskik vir volwassenes en kinders. Albei kamers het oorgenoeg kaste. Die badkamer het 'n stort en bidet.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en het 'n ingeboude wasmasjien, mikrogolfoond, stoof, oond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware. Die leefarea bied gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV, kringklankstelsel en DVD-speler. Daar is ook 'n groot venster met see-uitsigte. Daar is 'n DStv-skottel, bring asb. jou eie dekodeerder en slimkaart. Die eetarea is oopplan met sitplek vir 4 gaste.

Die deur maak oop op 'n ruim onderdak-patio met see-uitsigte, 'n tafel en sitplek vir 4 gaste. Die patio lei na 'n lieflike sondek. Daar is 'n Weber-braai vir gaste se gebruik. Die eiendom het 'n lieflike privaat tuin met see-uitsigte, 'n wasgoedlyn en toesluitbare stoorspasie. Gaste verkry toegang tot die perseel via 'n afstandbeheerde hek.

Victoria Bay Holiday Cottage bied ongeëwenaarde en ononderbroke uitsigte oor die Indiese Oseaan. Voëlsoorte soos die visarend en Knysna-loerie is daagliks te sien, en die pragtige sonsopkoms en -ondergang is maar net van die dinge wat gaste hier kan beleef. Wildernis en Garden Route Mall is net 7 minute se ry weg, en George is net 10 minute ver.

Slaapplek

'n Bespreking by Victoria Bay Holiday Cottage sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koningingrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Fietsry

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Duits

Maaltye Aangebied

  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Victoria Bay Holiday Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 650 R1 238 per nag (plek vir 4)

Bly 4 nagte en betaal slegs vir 3 vir verblyf wat 4 nagte of langer is. Geldig vanaf 1 Mei 2019 tot 31 Jul 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]