Villa Blu

Voeg by Gunstelinge

 

Spesiale Aanbod 30 % af

Kry 30% af. Geldig vanaf 2 Sep 2019 tot 30 Sep 2019.

Beskrywing

Villa Blu bied ontspanne verblyf in die skilderagtige Hermanus, die Walvishoofstad van Suid-Afrika. Ons is net 90 minute se ry vanaf Kaapstad. Hermanus se Blouvlagstrand, Grotto Beach, is stapafstand hiervandaan en beloof om 'n ongelooflike ervaring te wees.

Villa Blu Gastehuis is gegradeer met 4 sterre; 'n sjarmante dubbelverdieping met 6 stylvolle en-suite slaapkamers. Die huis het onder andere sitkamers, 'n binnehof, 'n walviskykdek bo, snoesige stoepe en 'n privaat tuin en swembad met 'n lapa en braaigeriewe vir daardie warm somersaande.

Die slaapkamers is versier in helende aardse kleure met gemaklike beddens (sommige met koninggrootte-beddens en ander met koningingrootte-beddens). Ons wittebroodskamer (Lover's Cove) kombineer romanse, gemak en ongelooflike uitsigte, en is ideaal vir 'n romantiese wegbreek of see-vakansie.

Laat die brekende branders jou wakker sing, of geniet jou eerste koppie koffie in jou bed terwyl jy sien hoe walvisse (in seisoen) baljaar.

Die walviskykdek bied 'n 270º-uitsig oor die Atlantiese Oseaan, die strandmeer, op die berg en oor die strand maak die ervaring selfs meer besonders. Hermanus is 'n voorwaar 'n paradys vir walviskykers!

Verwag aandag aan die fynste detail en warm gasvryheid wanneer jy ons besoek, ongeag of ons jou met 'n kaasbord welkom heet of met 'n glasie vonkel groet. Bring 'n stil middag langs die swembad en die lapa deur of geniet 'n lekker braai.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem
  •  Tennis

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  24-uur Ontvangs
  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Portier
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Kamerbediening
  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Villa Blu gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 796 R1 257 per nag (vir 2 mense)

Kry 30% af. Geldig vanaf 2 Sep 2019 tot 30 Sep 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za