Villa Castollini

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Villa Castollini is 'n Toskaanse vyfster-villa met 'n wonderskone uitsig oor Knysna se strandmeer. Hierdie villa se ligging kan nie meer ideaal wees nie ? dis op die westelike kop van Knysna se bekende Koppe en in die hartjie van die Tuinroete. Villa Castollini bied sielsrus, afsondering, privaatheid en asemrowende, noordelike uitsigte.

Dit is 'n luukse, gerieflike en private instansie wat bestaan uit 10 ruim kamers waarin gerief en elegansie beklemtoon word. Die oopplan-eetkamer, sitkamer- en kombuisarea is nét die plek om watertandlekker ontbyte te geniet terwyl die pragtige sonsopkoms jou bekoor. Wanneer die son sak sit gaste met 'n skemerkelkie in die hand en verlustig hulself in die wisselende kleure van die hemeldoek. Tuisgemaakte aandetes is beskikbaar op versoek en die gashere bied egte gasvryheid.

Villa Castollini is 5 minute se ry van Brenton on Sea se strand af en ook naby aan die wêreldklas Simola- en Pezula Gholfbane. Die Villa se sentrale ligging is ideaal vir besoekers wat al die besienswaardighede op die Tuinroete wil verken. Jou gashere is ook meer as bereid om 'n reisplan volgens jou voorkeure en belangstellings vir jou op te stel.

Die bestuur en personeel sal seker maak jou ervaring is absoluut onvergeetlik.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk
  •  Swem

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  American Express
  •  Diners-kaart
  •  Kontant
  •  Forex
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Kroeg
  •  Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  •  Swembad
  •  Gastesitkamer
  •  Wasgoeddiens
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete
  •  Aandete Op Versoek
  •  Middagete
  •  Piekniekmandjies Op Versoek
  •  Piekniek-middagete
  •  Tee
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Onderdakparkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Villa Castollini gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R1 960 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za