Grabouw Akkommodasie by Villa Exner - Exclusive Boutique Hotel | LekkeSlaap
+16

Villa Exner - Exclusive Boutique Hotel

Hotel
  • Kapasiteit: 18 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Essenhoutlaan 11, Elginvallei, Grabouw, 7160, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 14
  • Vanaf R1 650 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Villa Exner is 'n eksklusiewe, klein boetiekhotel wat sentraal geleë is in Grabouw in die Elginvallei in die Wynlande. Boonop is dit net 40 minute se ry van Kaapstad af. Die hotel is die ideale basis vanwaar die besienswaardighede en doendinge in die omgewing verken kan word terwyl jy die stilte en rus van die platteland geniet.

Die ruim en stylvolle gastekamers beskik oor al die geriewe wat nodig is om jou verblyf onvergeetlik te maak. Al die kamers het luukse, volle en suite-badkamers, werkruimtes en sitareas. Elkeen van die kamers spog met lugversorging wat individueel beheer kan word, 'n platskerm-TV met 'n DVD-speler en CD-speler, 'n telefoon en WiFi-toegang.

Die fynproewersrestaurant op die perseel bied fynproewersaande met 'n smullekker samesmelting van plaaslike en internasionale tendense. Die vasgestelde spyskaart-opsie is 'n heerlike vyfgangmaaltyd met kraakvars, plaaslike bestanddele gepaard met plaaslike wyn. Geniet 'n romantiese aandete om die kaggelvuur of eet lekker saam met jou vriende in hierdie ontspanne, dog elegante, atmosfeer. In die somer word aandete gewoonlik op die veranda bedien wat oor die groen grasperke en pragtuin uitkyk.

Kom ervaar al die fyn afwerkings en persoonlike diens wat net 'n klein boetiekhotel jou kan bied. Villa Exner bied al die ruimte wat jy nodig het om jou batterye te herlaai: Groen grasperke, 'n pragtige spogtuin met privaat hoekies waar jy kan sit en ontspan en gemeenskaplike areas waar jy lekker gesellig kan wees, nuwe vriende kan maak en die moderne, plattelandse atmosfeer kan geniet.

Kenmerke

Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Restaurant op Perseel
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem
  • Tennis

Hier praat ons

  • Engels
  • Duits

Maaltye Aangebied

  • Kamerbediening
  • Ontbyt

Konferensiegeriewe

  • Wegbreekkamers
  • DVD-speler
  • Blaaibord
  • Witborde
  • Internet
  • Plek vir tot 20 afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant

Opsomming van Resensie

4.9 uit 5van 9 resensies vir Villa Exner - Exclusive Boutique Hotel
Netheid
5.0/5
Diens
5.0/5
Ligging
4.7/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • Essenhoutlaan 11, Elginvallei, Grabouw, 7160, Wes-Kaap
  • Gaste dink Villa Exner - Exclusive Boutique Hotel het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R1 650
per nag (vir 2 persone)
Vanaf R1 650
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 18 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Essenhoutlaan 11, Elginvallei, Grabouw, 7160, Wes-Kaap
  • Geen kinders onder 14
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDNhYjkxYWYxLWIyM2EtNDAzZi1hNWJkLThiN2FmMDRmZTcxYw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R1 650  per nag (vir 2 persone) 9 5 1 5 11 Essenhout Avenue Elgin Valley 7160 Wes-Kaap 086 999 0018 15:00-19:00 11:00 -34.145530580865 19.011915922164
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za