Villa Honeysuckle

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Villa Honeysuckle is 'n lieflike villa in die prentjiemooi dorp, Stellenbosch, in die hartjie van die Kaapse Wynlande. Die villa is smaakvol versier en is vernoem na die inheemse Kaapse kanferfoelie wat die villa omring. Die villa skuil tussen die Simonsberge en Jonkershoek in 'n stil woonbuurt met toegang tot die wynlandgoedere in die omtrek, Stellenbosch-kampus, museums, restaurante en koffiewinkels.

Dié villa beskik oor 7 slaapkamers in 2 woonstelle en kan bespreek word as 'n geheel, maar daar sal dan verskillende leefareas wees. Die villa het slaapplek vir 14 gaste en is ideaal vir families, vriende, sportspanne en klein sakegroepe.

Elke kamer het 'n koninggrootte-bed of 2 enkelbeddens. Die villa het 3 onderskeie leefareas, 'n swembad, 'n gimnasium en 'n tuin. Die 2 leefareas en slaapkamers op die boonste verdieping bied toegang tot balkonne. Die tuin kan saam of apart gebruik word, afhangend van die groep wat bespreek het. Die swembad is omhein en daar is 2 braai-areas. Kinders moet te alle tye onder toesig wees rondom die swembad.

Die villa het gratis WiFi, lugversorging, 'n kombuis wat ten volle toegerus is, 'n wasgoedkamer, 'n kaggel, ondervloerse verhitting en sekere DStv-kanale. Gaste het ook toegang tot parkeerplek op die perseel met 'n sekuriteitswag in die nag.

Gaste word persoonlik met aankoms verwelkom en verdere inligting sal dan deurgegee word aangaande geleenthede, plekke van belang, wyntoere, 'n privaat sjef en ander doendinge wat bespreek kan word. Die Universiteit van Stellenbosch se geriewe is beskikbaar vir sportgroepe.

Slaapplek

'n Bespreking by Villa Honeysuckle sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 3 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 4 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 5 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 6 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 7 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Swem

Geriewe

  •  Swembad
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Konferensiegeriewe

  •  Lugversorging

Maaltye Aangebied

  •  Aandete Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Villa Honeysuckle gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R9 000 per nag (plek vir 14)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za