Villa Roux Garden Cottage

Voeg by Gunstelinge

 

Winteraanbod 30 % af

Kry 30% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 15 Jul 2019 tot 31 Jul 2019.

Beskrywing

Dié nuut opgeknapte, privaat tuinkothuis beskik oor 2 en suite-slaapkamers. Die onderste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die boonste slaapkamer 2 enkelbeddens. Die eetkamer en ten volle toegeruste kombuis is ook op die onderste verdieping geleë. Ons kan ook 'n bababed voorsien.

'n Redelike steil trap lei na die boonste slaapkamer. Gaste wat moeilik stap moet asb. hierop let. Die veiligheid van die kinders is die teenwoordige volwassenes se verantwoordelikheid. Hier is ook koffie- en teemaakgeriewe, sowel as 'n yskassie.

Daar is 'n platskerm-TV met DStv en 'n klein HiFi-toestel beskikbaar. Die sitkamer-area bied toegang tot die balkon met patio-meubels en 'n Weber-braai. Gaste kan die beste uitsig in Franschhoek oor die omliggende wingerde en berge van dié balkon af geniet.

Villa Roux voorsien koffie, tee, suiker, stortjel en 'n daaglikse skoonmaakdiens (indien nodig). Gratis WiFi is beskikbaar in die kothuis. Lugversorging is bo beskikbaar en 'n waaier onder vir die warm somersdae. Vir die koue winterdae is daar paneelverwarmers bo en onder en al die beddens beskik oor elektriese komberse.

Die parkeerplek in die doodloopstraat voor die kothuis is redelik veilig. Parkeerplek in 'n toesluitmotorhuis is op versoek en teen R60 ekstra per aand beskikbaar.

Slaapplek

'n Bespreking by Villa Roux Garden Cottage sluit in:

Slaapkamer 1 - Huisves 2 persone
1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer 2 - Huisves 2 persone
2 x Enkelbed / Driekwartbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Tennis

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort
  •  Seep

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Dienste

  •  Kamer daagliks skoongemaak
  •  Koordlose Internet

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Haardroër
  •  Strykyster
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels
  •  Duits

Kamergeriewe

  •  Lugversorging
  •  Eetkamer
  •  Elektriese kombers
  •  Waaier
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Konferensie geriewe

  •  Lugversorging
  •  Internet
  •  Televisie

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Op Die Straat

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  Gedeelde DSTV
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Villa Roux Garden Cottage gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 220 R1 554 per nag (vir 4 mense)

Kry 30% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vanaf 15 Jul 2019 tot 31 Jul 2019.

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]