Villa Splendid
- Kapasiteit: 8 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Unieweg 15, Uniepark, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom
- Vanaf R5 000 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Villa Splendid is 'n lieflike, smaakvol gemeubileerde villa naby die middel van die prentjiemooi Stellenbosch. Die villa front noord en het slaapplek vir 8 gaste.
Die villa is lig en sonnig, en beskik oor 4 slaapkamers en 4 badkamers. Elke slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en 3 van die slaapkamers het die opsie om dié bed in 2 enkelbeddens te omskep indien dit vooraf gereël word. Die villa beskik ook oor 'n kombuis en 'n wasgoedkamer, sowel as WiFi, lugversorging, 'n kaggel, ondervloerse verhitting en sekere DStv-kanale. Gaste moet asb. daarop let dat daar trappe sonder kinderhekkies is.
Die villa het 'n lieflike swembad met 'n veiligheidsnet. Kinders moet te alle tye onder ouertoesig wees. Die buite-leefarea beskik oor 'n swembad, braai-area en 'n tuin. Gaste het toegang tot parkeerplek op die perseel, 'n dubbelmotorhuis en 'n nagwag op die perseel wat by die tarief ingesluit is.
Die Jonkershoekvallei is ideaal vir fietsry, voetslaan en visvang. Die perseel is nie ver van Helshoogte, die lieflike bergpas na Franschhoek, af nie en die ligging bied toegang tot die paaie wat na die Moederstad lei. Daguitstappies sluit Tafelberg, pragtige strande en gholfbane in die omgewing in.
Gaste kan gerus navraag doen i.v.m. groepbesprekings. Die 5 villas is naby mekaar en ideaal vir groepe vriende, spanne of familielede wat graag na aan mekaar wil bly, maar tog ook hul eie privaatheid verkies. Elke villa het sy eie geriewe, privaat swembad en tuin.
Slaapplek
’n Bespreking by Villa Splendid sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
- Swem
Hier praat ons
- Engels
Maaltye Aangebied
- Aandete Op Versoek
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Ligging
- Unieweg 15, Uniepark, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
Sien meer verblyf in Uniepark Stellenbosch Boland Wes-Kaap
- Kapasiteit: 8 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 00:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Unieweg 15, Uniepark, Stellenbosch, 7600, Wes-Kaap
- Alle ouderdomme is welkom