Villa10 on Hugo
Beskrywing
Villa10 on Hugo is 'n klein, knus gastehuis in 'n stil, eksklusiewe deel van Durbanville. Dis die perfekte oornagplek vir sakereisigers en vakansiegangers omdat dit halfpad tussen die stad en die Kaapse Wynlande geleë is.
Villa 10 on Hugo beskik oor 4 skoon, gerieflike kamers wat elkeen 'n dubbelbed of 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met net 'n stort het. Gaste het toegang tot 'n groot gemeenskaplike sitkamer en WiFi. Ontbyt word in die eetkamerarea bedien.
Villa10 on Hugo is net 10 minute vanaf verskeie winkelsentrums en die sakegebiede in Kaapstad se noordelike voorstede. Dis ook naby Mediclinic Durbanville en Durbanville-Gholfklub. Die lughawe, Kaapstad se middestad, die V&A Waterfront, strande, wynplase en dorpies soos Stellenbosch en die Paarl is net 30 minute se ry hiervandaan.
Kenmerke
- Afrikaans
- Veilige Parkering
- Gratis WiFi
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Wynproe
- Swem
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Kinderoppasser Op Versoek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- WiFi
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Piekniekmandjies Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Kaart Meer oor die omgewing
Gaste wat na Villa10 On Hugo gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:
Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za |
![]() ![]() |