Village Square 10

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Village Square 10 is 'n luukse en ruim selfsorgwoonstel in die middel van die dorp in Plettenbergbaai naby verskeie winkels en restaurante. Die woonstel het pragtige see- en berg-uitsigte en is net 650 m vanaf Lookout-strand en net 1,4 km vanaf Central-strand. Die woonstel is op die tweede verdieping in 'n veilige kompleks.

Dié luukse woonstel het natuurlike beligting en 'n wit-estetiek wat die woonstel soos 'n kunswerk laat voel, tog eenvoudig en stemmig.

Die woonstel het slaapplek vir 2 gaste en het 1 slaapkamer, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis, -leefarea en -eetarea. Die slaapkamer het 'n koningingrootte-bed, 'n TV en 'n oopplan-stort, bad en beskutte toilet. Daar is 'n kluis in die slaapkamer. Die perseel is ook as 'n tweeslaapkamer en -badkamer beskikbaar. Doen navraag hieroor.

Die kombuis is met 'n yskas-vrieskas, kookplaat, oond, mikrogolf, ketel, eetgerei, breekware en 'n toonbank met stoele toegerus. Verder is daar 'n waskamer en opwas-area. Die groot leefarea het 'n kaggel en lei na 'n balkon met glaspanele en 'n lieflike uitsig. Parkeerplek word op die perseel voorsien.

Slaapplek

'n Bespreking by Village Square 10 sluit in:

1 x Koningingrootte-bed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Veilige Parkering
  •  Gratis WiFi

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Visvang
  •  Forelhengel
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Wildritte
  •  Wildkyk
  •  Begeleide Wandelpaaie
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Badkamer

  •  Bad
  •  En-suite
  •  Aparte Toilet
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Oond
  •  Stoof

Geriewe

  •  ADSL-lyn
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Skoonmaakdiens Op Versoek
  •  Gratis WiFi
  •  WiFi

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Kluis

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Agter Elektriese Hek
  •  Parkering Van Die Straat Af
  •  Parkering Op Die Straat

Vermaak

  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Village Square 10 gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R2 020 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za