Visarend's Roep
Kry 20% af vir verblyf wat 10 nagte of langer is. Hierdie aanbod is altyd geldig.
-
Voorkeurvennoot
- Kapasiteit: 8 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Geelslangweg 2272, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
- Alle ouderdomme is welkom
-
Vanaf
R2 200R1 760 per nag, vir 8 mense
Beskrywing
Visarend's Roep is in Marlothpark, 'n 30 ha-wildreservaat en -vakansiedorp aan die oewer van die Krokodilrivier. Dit grens aan die suide van die Krugerwildtuin en is tussen Malelane en Komatipoort.
Die huis bied slaapplek aan 8 gaste (kinders ingesluit) en het 2 slaapkamers en 'n solder. Die slaapkamers het lugversorging en dubbelbeddens. Die solder het 'n dubbelbed, 2 enkelbeddens en ‘n buitedeur na 'n houtdek met ‘n pragtige uitsig oor die ongerepte natuur. Daar is 1 badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Linne en handdoeke word voorsien. Gaste moet egter hul eie swemhanddoeke bring. Geen fooi word gehef vir kinders 2 jaar en jonger nie.
Die kombuis is toegerus met 'n tweeplaat-gasstoof en elektriese oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, koffie- en teemaakgeriewe, eetgerei, breekware, potte en panne, ens. Die sitkamer het gemaklike sitplek en 'n TV. Gaste moet egter hul eie dekodeerder en slimkaart bring.
Daar is 'n heerlike stoep met 'n ingeboude braai waar gaste om die vuurput onder die sterrehemel kan kuier. Die verfrissende swembad is ideaal vir dié wat 'n lang dag met 'n drankie wil afsluit. ‘n Verskeidenheid diere soos koedoes, sebras, kameelperde, rooibokke, bosbokkies, duikers, wildebeeste, vlakvarke, bobbejane, apies en nagapies beweeg vrylik tussen die huise rond.
Marlothpark spog met 'n hele rits doendinge soos stap, swem, wildritte en 4x4-roetes. Die Henk van Rooyen-kampeerterrein het 'n tennisbaan en 'n swembad. Daar is ook ‘n waterpark by die Bush Centre waar die hele gesin kan baljaar. Gaste kan hul bergfietse bring om die roetes te verken, of al langs die heining gaan wandel.
Marlothpark het 2 winkelsentrums wat in al gaste se basiese behoeftes voorsien. Winkels in die sentrums sluit 'n slaghuis, kruidenierswinkel, vulstasie en restaurante in.
Slaapplek
’n Bespreking by Visarend's Roep sluit in:
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Gastesitkamer
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Groot 5
- Voëlkyk
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Swem
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Opsomming van Resensie
Ligging
- Geelslangweg 2272, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
- Gaste dink Visarend's Roep het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Marlothpark Nasionale Krugerwildtuin Suid Mpumalanga
- Kapasiteit: 8 persone
-
Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Geelslangweg 2272, Marlothpark, 1321, Mpumalanga
- Alle ouderdomme is welkom