+31
  • Slaapplek vir 9 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • 10 Sandkopsingel, Gouritsmond, 6696, Wes-Kaap Sien kaart

Beskrywing

Vitamiene See het 2 selfsorg woonstelle beskikbaar. Die eenhede kan apart of as 'n geheel saam bespreek word indien daar groot families/vriende wil saamkom.
Vitamiene See is 'n eiendom in die kusdorpie Gouritsmond op die ‘Garden Route’ in die Wes-Kaap geleë.
Albei woonstelle het lieflike onbelemmerde uitsigte oor die see en direkte toegang tot die strand en riviermond.

Woonstel 1 (Slaapplek vir 5 mense):
- 2 Kamers (Hoofslk het Kxl-bed en die tweede kamer het bunker-bed (dubbel onder en enkel bo);
- Volledige badkamer met 'n bad en stort (handdoeke word nie voorsien nie);
- Oopplan volledig toegeruste kombuis en sitkamer;
- Onderdak ingeboude braai area met see uitsig.

Woonstel 2 (het slaapplek vir 4 mense):
- 2 Kamers (Hoofslk het Q-bed en tweede kamer het 2 x enkel beddens;
- Volledige badkamer met 'n bad en stort (handdoeke word nie voorsien nie);
- Oopplan volledig toegeruste kombuis en sitkamer;
- Onderdak ingeboude braai area met see uitsig.

Daar is ook 'n aparte gemeenskaplike waskamer en 'n groot grasperk waarop kinders kan speel.
Gaste is welkom om hul DStv-dekodeerder en -slimkaart saam te bring en dit aan die Smart-TV te koppel.
Elke woonstel het onderdak parkeerplek vir 1 voertuig.
Ongelukkig word geen troeteldiere toegelaat in die woonstelle nie.

Die woonstelle is in 'n doodloopstraat geleë, dierekte privaat toegang na die strand en riviermond.
Die klein dorpie het 'n paar algemene winkeltjies, eetplekkies en 'n koffiewinkel.
Gaste kan verskeie aktiwiteite op Gouritsmond en in die omgewing geniet soos byvoorbeeld staproetes, fietsry, visvang, swem in die rivier en in die see.


Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Mooi uitsig

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 30 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Danie O
Saam met lewensmaat
5.0
Rustigheid en stilte hoor net geruis van die see. Die woonstel was baie gerieflik en baie netjies. Baie stil en rustig en baie mooi uitsig oor die see...
Sien meer
Jun 2025
Susan B
Saam met lewensmaat
5.0
Al het ons net 2 dae daar gebly, was dit vitamiene vir ons! Baie netjiese en gerieflike eenheid. Ons is baie hartlik ontvang.
Mei 2025
Louisa Lemley L
Saam met lewensmaat
5.0
N Huis weg van jou huis! Ons het baie lekker gebly. Niks het ontbreek nie.
Apr 2025
Jakobus F
Saam met lewensmaat
5.0
Great place to go and rest. Very quiet beach is on your doorstep. Very nice and perfect for families.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Apr 2025
Rene H
Saam met lewensmaat
5.0
Wonderlik! Dit was ons 2de keer daar en sal weer gaan. Baie vriendelike en behulpsame gashere. Skoon en netjies, bed baie gemaklik, heerlike stoep met...
Sien meer
Feb 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Charne Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 30

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • 10 Sandkopsingel, Gouritsmond, 6696, Wes-Kaap
  • Gaste dink Vitamiene See het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 960
per nag, vir 2 mense

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 960
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R 960
per nag, vir 2 mense
Bespreek

10 Sandkopsingel, Gouritsmond, 6696, Wes-Kaap

Sien kaart
  • Slaapplek vir 9 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 11:00
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA72875bdd4b4d6958ee4964cbf2c24692a3d90f66ca123ea6b7382c420318588f39ff56a62c82be0ee82b697cb4135212f818?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R960 per nag, vir 2 mense 30 5 1 5 10 Sandkopsingel Gouritsmond 6696 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-17:00 11:00 -34.345995601687 21.880356260748

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang