Vlei Studio

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Vlei Studio is 'n knus en romantiese semi-losstaande selfsorgwoonstel in Bettysbaai, net 1 uur van Kaapstad Internasionale Lughawe af en 50 km van Hermanus af. Dit is teen die voet van die Kogelberg geleë, wat deel is van die Kogelberg Biosfeer Natuurreservaat. Die woonstel is naby die strand, verskeie winkels en restaurante.

Vlei Studio bied slaapplek vir tot 2 gaste en bestaan uit 1 slaapkamer, 1 badkamer, 'n kombuisie en 'n leefarea. Die slaapkamer het 'n dubbelbed met 'n ferm matras en katoenlinne. Daar is ook hangplek en rakke vir jou klere, 'n tafel, bedkassies en lampies, 'n verwarmer wat teen die muur gemonteer is en 'n muurprop vir 'n haardroër. Die badkamer het 'n ruim stort, handwasbak en 'n toilet. Donsige handdoeke word voorsien.

Die kombuisie is toegerus met 'n yskas, mikrogolfoond, tweeplaatstoof, ketel, broodrooster, potte en panne, breekware en eetgerei. Daar is ook 'n ontbythoekie. Die sitarea beskik oor 'n TV met plaaslike kanale, 'n DVD-speler, 'n radio met 'n CD-speler en 2 rottang-gemakstoele.

Buite is daar 'n klein patio met 'n bankie. Gaste het toegang tot 'n balkon bo met uitsigte oor die strandmeer en berge. Die woonstel is in 'n fynbos-tuin geleë, met volop voëllewe.

Slaapplek

'n Bespreking by Vlei Studio sluit in:

1 x Dubbelbed

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Perdry
  •  Kunsvlieghengel
  •  Visvang
  •  Baarshengel
  •  Voëlkyk
  •  Wynproe
  •  Fietsry
  •  Bergfietsroetes
  •  Swem

Aktiwiteite op perseel

  •  Voëlkyk

Badkamer

  •  En-suite
  •  Stort

Betaalopsies op Perseel

  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Ekstras

  •  Tee en Koffie Skinkbord

Elektriese Toebehore

  •  Yskas
  •  Mikrogolfoond
  •  Stoof

Geriewe

  •  Braaiplek
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Selfsorg

Hier praat ons

  •  Afrikaans
  •  Engels

Kamergeriewe

  •  Eetkamer
  •  Klein Kombuis
  •  Sitkamer

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Vermaak

  •  Boeke en Tydskrifte
  •  DVD
  •  TV

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Vlei Studio gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R600 per nag (plek vir 2)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]