Simondium Akkommodasie by Vrede en Lust Estate | LekkeSlaap
+50

Vrede en Lust Estate

B&B
  • Kapasiteit: 40 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Intersection of the Klapmuts Rd and the R45, , Franschhoek, 7680, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R2 450 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Verblyf by ons plaas is so 'n unieke ervaring dat gaste keer op keer terugkom. Akkommodasie is geleë tussen die wingerde met oer-oue Eikebome wat genoeg skadu verskaf. Gaste kan voetslaan, draf of fietsry tussen die wingerde na die plaashuis of teen die hange van die woud gaan stap om die uitsig van daar bo oor die pragtige streek te kry. Vir diegene wie net wil ontspan met jou gunsteling boek, daar is 'n sprankelende swembad vir jou gerief.

Franschhoek, Paarl en Stellenbosch is almal nabygeleë dus is daar vele toeriste-aantreklikhede. Daar is 3 wêreldklas gholfbane, insluitend die befaamde 'Pearl Valley Jack Nicklaus Signature' baan. Daar is vele wêreldklas restaurante in die area, insluitend 'Lust Bistro & Bakery' op die landgoed.

'Die Herehuis' en 'Jonkmanshuis' is albei ideaal vir 'n unieke wegbreek-ervaring, waar ons eksklusiewe en onweerstaanbare pakkette aanbied. Of jy vir 'n week of slegs 'n naweek kom vertoef, wees verseker dat jy die ervaring in die hartjie van die Kaapse wynlande nooit sal vergeet nie.

Vir jou veiligheid en gerief is daar 'n permanente industriële kragopwekker op die perseel.

Die Herehuis:

Die Herehuis is 'n statige gebou met fondasies wat amper 300 jaar terug dateer, gebou deur Jacques de Savoye, die eerste eienaar van Vrede en Lust in 1688. Die huis het brandskade opgedoen in die laat 19de eeu en was opmerklik gerestoureer deur Norman Beroldt in die 1920's.

Die Herehuis is 'n ervaring soos min, met uitstekende luuksheid. Gaste geniet dit so baie dat hul keer op keer terugkeer. Die huis slaap 10 gaste en is 'n luukse wegbreek met panoramiese uitsigte vanuit elke venster.

Jonkmanshuis:
Ons het drie luukse 2-slaapkamer suites, wat deel vorm van die historiese Jonkmanshuis, geleë tussen die nuwe wynmakery en Die Herehuis. Die 3 luukse gastekamers is almal vernoem na Jacques de Savoye se kinders en is benewens die Marguerite Chardonnay blok op die plaas. Ons het onlangs 'n vuurherd in elke suite gebou. Dis ideaal vir 'n gesin met slaapplek vir 4 per kothuis. Die luukse wingerdkamers het lieflike uitsigte oor die wingerd en op die berge. Dis perfek vir 'n romantiese wegbreek met slaapplek vir 2 volwassenes en ontbyt is ingesluit.

Kom verken die wynlande, geniet lang staproetes, draf of ry fiets. Ontbyt word ook geniet by Lust Bistro & Bakery as deel van jou pakket.

Aandete word in die swembadkroeg-area bedien tot 21:00 in seisoentyd en 19:00 buiteseisoen.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Rolstoelvriendelik
Veilige Parkering
Gratis WiFi
Konferensiegeriewe

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Kinderoppasser Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Wasgoeddiens
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Restaurant op Perseel
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Rolstoelvriendelik
  • Wynkelder
  • Gratis WiFi
  • Konferensiegeriewe
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Forelhengel
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete
  • Aandete Op Versoek
  • Middagete
  • Tee
  • Etes Op Versoek

Konferensiegeriewe

  • Lugversorging
  • Wegbreekkamers
  • Dataprojektor
  • DVD-speler
  • Blaaibord
  • Witborde
  • Skootrekenaar-projektor
  • Kantoorgeriewe
  • Internet
  • Televisie
  • Plek vir tot 10 afgevaardigdes
  • Plek vir tot 20 afgevaardigdes
  • Plek vir tot 30 afgevaardigdes
  • Plek vir tot 50 afgevaardigdes
  • Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • American Express
  • Diners-kaart
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.7 uit 5van 5 resensies vir Vrede en Lust Estate
Netheid
4.8/5
Diens
4.6/5
Ligging
5.0/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.0/5

Ligging

  • Intersection of the Klapmuts Rd and the R45, , Franschhoek, 7680, Wes-Kaap
  • Gaste dink Vrede en Lust Estate het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf R2 450
per nag (plek vir 2)
Vanaf R2 450
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 40 persone
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Intersection of the Klapmuts Rd and the R45, , Franschhoek, 7680, Wes-Kaap
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGNmODZlZDM1LTA5MDUtNGRlMC1hYTdiLTBkZjk4MGQ0ZGRmNw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format Vanaf R2 450  per nag (plek vir 2) 5 5 1 5 Intersection of the Klapmuts Rd and the R45 Simondium 7680 Wes-Kaap 086 999 0018 14:00-17:00 11:00 -33.83780102464 18.953502774239
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za