Vredenheim Guesthouse
Beskrywing
Vredenheim Guesthouse bied 2 bekoorlike eenhede op 'n privaat wyn- en wildlandgoed, net 7 km van Stellenbosch af. Dit is ideaal vir 'n paartjie wat op soek is na 'n gerieflike wegbreek naby verskeie besienswaardighede in die Wynlande.
Gracious Lady is 'n oopplan-woonstel wat smaakvol versier is. Die slaapkamer het 'n koninggrootte-bed, met 'n oop bad en aparte stort, wasbak en toilet. Hierdie eenheid het 'n kombuis met basiese selfsorggeriewe soos 'n mikrogolfoond, ketel, yskassie, breekware en eetgerei. Daar is ook boeke en tydskrifte, lugversorging, 'n TV met sekere DStv-kanale en gratis WiFi.
M'Lord is 'n gesellige eenheid met 'n dubbelkamer en 'n kamer met 2 enkelbeddens. Die eenheid het 'n badkamer met 'n toilet, wasbak en stort, 'n sitkamer met 'n TV met DStv en ook WiFi. Die eenheid het yskas, ketel, mikrogolfoond, gasstoof met 'n elektriese oond, potte, 'n pan, breekware en eetgerei, asook 'n eetkamertafel met sitplek vir 4 gaste. 'n Wasbak aan die agterkant van die eenheid is beskikbaar indien jy iets moet was. Daar is 'n braai-area met 'n pragtige uitsig buite.
Wynproe is op versoek op die landgoed beskikbaar en daar is veilige parkeerplek vir 1 voertuig. Vredenheim Guesthouse is lekker naby ander wingerde, wynproeplekke, winkels, restaurante en ander geriewe.
Kenmerke
- Afrikaans
- Veilige Parkering
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
Aktiwiteite Naby
- Wynproe
- Wildritte
- Wildkyk
Aktiwiteite op perseel
- Wynproe
- Wildritte
- Wildkyk
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Geriewe
- Begeleide Wildritte as Ekstra
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Restaurant op Perseel
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Konferensiegeriewe
- Lugversorging
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Agter Elektriese Hek
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Kaart Meer oor die omgewing
Gaste wat na Vredenheim Guesthouse gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:
Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za |
![]() ![]() |