Warden Akkommodasie by Vreugde Gasteplaas Self-Catering | LekkeSlaap
+41

Vreugde Gasteplaas Self-Catering

  • Kapasiteit: 65 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Plaas Naomi, R714, Warden, 9890, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Vanaf R1 400 R560 per nag (vir 2 persone)

Beskrywing

Vreugde Gasteplaas bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n pragtige omgewing in die Oos-Vrystaat tussen Warden en Bethlehem, net 18 km van die N3 af en sowat halfpad tussen Johannesburg en Durban. Dit is perfek vir die reisiger wat op soek is na rustige oornagverblyf weg van die verkeer.

Vreugde het dubbel- of gesinskamers, slaapsale en 'n tweeslaapkamerhuis. Sommige kamers en die huis is 'n entjie van die kompleks af en bied die nodige stilte en privaatheid. Die groter dubbel- en familiekamers en die slaapsale is deel van 'n agthoekige gebou en lei na 'n sonnige binnehof. Al die kamers het privaat ingange en braaigeriewe is beskikbaar.

Die dubbel- en familiekamers is elkeen toegerus met 'n klein kombuishoekie om ligte maaltye voor te berei. Daar is 'n tweeplaatstoof, potte en panne beskikbaar in 'n gemeenskaplike area. Die slaapsale bied elkeen slaapplek vir 16 gaste en het toegang tot 2 gedeelde badkamers met 7 storte.

Troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie. Bring asb. jou eie houtskool en vuuraanstekers saam vir die braai. Kinders moet asb. ten alle tye onder toesig van ouers of voogde wees aangesien daar rotse, poeletjies en dammetjies op die perseel is.

Die rustige plaas-atmosfeer is ideaal vir binne- en buitelug-troues (in die natuur of onder die gazebo in die binnehof of op die stoep met 'n wonderlike uitsig of in die kapel). Daar is ook 'n keuse van onthaalgeriewe (saal en skuur beskikbaar). Vreugde Gasteplaas is natuurlik ook ideaal vir kerkkampe, opleiding, spanbou-sessies en klein groepsessies. Die moderne, netjiese en funksionele geriewe is hoofsaaklik in die agtkantige gebou met 'n binnehof, kapel/saal, eetsaal, kombuis, aparte opwasgeriewe en 'n ablusieblok.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Bergfietsroetes

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Wegbreekkamers
  • Dataprojektor
  • DVD-speler
  • Witborde
  • Skootrekenaar-projektor
  • Plek vir tot 50 afgevaardigdes
  • Plek vir 50 of meer afgevaardigdes

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 31 resensies vir Vreugde Gasteplaas Self-Catering
Netheid
4.9/5
Diens
4.9/5
Ligging
4.4/5
Veiligheid
4.8/5
Waarde vir geld
4.7/5

Ligging

  • Plaas Naomi, R714, Warden, 9890, Vrystaat
  • Gaste dink Vreugde Gasteplaas Self-Catering het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Warden Vrystaat
was R1 400
Vanaf R560
per nag (vir 2 persone)
was R1 400
Vanaf R560
per nag (vir 2 persone)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 65 persone
  • Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Plaas Naomi, R714, Warden, 9890, Vrystaat
  • Alle ouderdomme is welkom
https://d288tngog90ix0.cloudfront.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDgxNjk3MmYwLWI5NTctNGI3Yi05N2IwLTVmNzQ5NDZkM2Y4ZQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=format was R1 400, nou Vanaf R560  per nag (vir 2 persone) 31 5 1 5 Plaas Naomi R714 9890 Vrystaat 086 999 0018 15:00-19:00 09:00 -27.879874847627 28.816972374916
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | besprekings@lekkeslaap.co.za