+38

10 gaste

5 slaapkamers

8 beds

3 badkamers

  • 10 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • 12 Periwinkel Crescent, Bosbokduin Private Nature Reserve, Still Bay West, 6674, Wes-Kaap Sien kaart

Beskrywing

Vêrgenoeg is 'n lieflike, ruim grasdak-selfsorgvakansiehuis in die Bosbokduin Privaat Natuurreservaat wat net 1 km van Stilbaai-Wes af is. Hiér kan gaste die perfekte gesinswegbreek geniet en die alledaagse gewoel agterlaat terwyl hulle die pragtige see-uitsig bewonder.

Die huis bied slaapplek aan 10 gaste en beskik oor 5 slaapkamers en 3 badkamers. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer met 'n bad en 'n stort. Daar is nog 3 slaapkamers wat elk 2 enkelbeddens het en die vyfde slaapkamer het 'n dubbelbed. Die ander 2 badkamers het elk 'n stort, wasbak en 'n toilet. Alle linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie strandhanddoeke saambring.

Die oopplan-leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. 'n Skottelgoedwasser en 'n wasmasjien is ook beskikbaar. Die kombuis lei na 'n etenstafel en 'n sitarea met gemaklike rusbanke en 'n platskerm-TV met DStv. Gratis WiFi is beskikbaar.

Die huis het ook 'n binnebraai, 'n pooltafel en 'n omsetter vir wanneer beurtkrag plaasvind. Buite is daar 'n groot voorstoep met 'n pragtige sonsondergang oor die see en aan die agterkant is daar 'n groot grasperk waar kinders lekker kan speel.

Die reservaat spog met 'n privaat strand en is naby die Stilbaai Gholfbaan en die pragtige Skulpiesbaai Natuurreservaat geleë. Hierdie rustige omgewing bied eindelose geleenthede vir verken en gehaltegesinstyd. Wild loop vrylik in hierdie idilliese en veilige reservaat rond, wat dit die ideale bestemming vir 'n gesinswegbreek maak.


Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Mooi uitsig
TV
Volledige kombuis
Wasmasjien
DStv
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 1 resensie

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Tertius Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 1

Op LekkeSlaap 2 jaar

Ligging

  • 12 Periwinkel Crescent, Bosbokduin Private Nature Reserve, Still Bay West, 6674, Wes-Kaap
  • Gaste dink Vêrgenoeg het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
R 3 500
per nag (plek vir 10)

Jy sal nog nie hoef te betaal nie

Bespreek
Vanaf
Vanaf R 3 500
per nag (plek vir 10)
Bespreek

Jy sal nog nie hoef te betaal nie.

Vanaf
R 3 500
per nag (plek vir 10)
Bespreek

12 Periwinkel Crescent, Bosbokduin Private Nature Reserve, Still Bay West, 6674, Wes-Kaap

Sien kaart
  • 10 gaste
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 11:00
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9097ef482e420c81b4e90212f2b7767a792ac3120bf432a4de5c6785c39eb8b10a6e95a02d79f14f0f76ac62471a494cf96e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 500 per nag (plek vir 10) 1 5 1 5 12 Periwinkel Crescent Bosbokduin Private Nature Reserve 6674 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 11:00 -34.400799171558 21.408545344705

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in wat gekoppel is aan

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang