Vultures Lodge

Voeg by Gunstelinge

 

Beskrywing

Vultures Lodge is 'n eksklusiewe instansie met AA Superior-status aan die voet van die Aasvoëlberg in die Suid-Vrystaatse dorpie, Zastron. Die lodge bied 'n stil en rustige atmosfeer sodat gaste in hierdie pragtige omgewing kan ontspan.

Die verblyf word in gerieflike dubbel- en gesinskamers met en suite-badkamers in die hoofhuis aangebied. Verder is daar ook selfsorgkothuise beskikbaar. Al die gastekamers het TV's met DStv, privaat stoepies en aparte ingange.

Daar is oorgenoeg doendinge in die area soos 'n gholfbaan, 4x4-roetes, voëlkyk, voetslaan, abseil, rotsklim en vlotvaart op die rivier. Ons gasvrye gemeenskap sal enige besoeker met ope arms verwelkom en lieflike blyplekke en smullekker kos by plaaslike gastehuise, restaurante en wegneemeetplekke aanbeveel.

Die lodge is vernoem na die Kransaasvoëls wat in hierdie streek voorkom. Aasvoëlberg, wat natuurlik die berg van aasvoëls beteken, is so vernoem na die groot natuurlike brug in die berg wat soos 'n aasvoël se oog lyk.

Kenmerke

  •  Afrikaans
  •  Braaiplek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Veilige Parkering

Aktiwiteite Naby

  •  Visvang
  •  Voëlkyk
  •  Wildkyk
  •  Tennis

Aktiwiteite op perseel

  •  Fietsry

Betaalopsies op Perseel

  •  Visa
  •  Mastercard
  •  Kontant
  •  Elektroniese Fondsoorplasing

Geriewe

  •  24-uur Ontvangs
  •  Kinderoppasser Op Versoek
  •  Braaiplek
  •  Gastesitkamer
  •  Kombuisgeriewe
  •  Geen Rook Binnenshuis
  •  Malaria-vrye streek
  •  Troeteldiere indien gereël
  •  Persoonlike Kluis
  •  Satelliet-TV
  •  Selfsorg
  •  Daaglikse Skoonmaakdiens

Hier praat ons

  •  Afrikaans

Maaltye Aangebied

  •  Ontbyt
  •  Aandete Op Versoek
  •  Etes Op Versoek

Parkeerplek

  •  Veilige Parkering
  •  Parkering Van Die Straat Af

Kaart Meer oor die omgewing 

Gaste wat na Vultures Lodge gekyk het, het ook belangstelling getoon in die volgende lekke plekke:

Vanaf R700 per nag (vir 2 mense)

Aanvaar aanlynbetaling deur LekkeSlaap.co.za   
Jou webblaaier is verouderd!

Pas jou webblaaier aan om die korrekte webtuiste te sien. Pas my webblaaier aan

086 999 0018 | [email protected]

// Hotjar AB false